Thursday 7 May 2015

die teken

in hierdie volgende paar minute 
se laaste 
bietjie 
wilskrag
probeer die hart 
’n digterlike oomblik 
te put
want hoe kan 
die dag 
eindig 
sonder ‘n gedig?

die glans wat skyn 
in 
die voëls 
se laatmiddag liedere 
gee my ‘n vonk van hoop

hoera! daar is nog kele 
waaruit ongekunstelde kuns 
spruit

dit is vir my ‘n teken
dat dit nog nie tyd is
om
op
te
gee
nie

iewers is daar nog rede om te bly sing

No comments:

Post a Comment