Tuesday 12 May 2015

stil mond

in die stilte van my mond
sit daar soveel begeertes
wat wil suis soos die wind
maar nou is my mond stil
want dit is goed om net stil te wees
stil soos net stil kan wees
niks meer
en
niks minder

in my mond se stilte 
hang daar vrugte wat so stil
net hang in geheimenisvolle groei
en wag dat die seisoen sal kom
wanneer hulle
aarde toe gaan val
niks vroeër
en
niks later

in hierdie onvergelykbare stilte
is my mond ‘n stil holte in
die eindelose uitspansel waarin
die lang-verwagde eggos
in hulle eie tyd
die toekoms sal inloop
niks vinniger
en
niks stadiger

2 comments: