Thursday 8 October 2015

wanneer ek eendag doodgaan

I

wanneer ek eendag doodgaan
wil ek hê my lyk
moet op die oop veld lê

hoekom moet my liggaam veras of begrawe word?

dit is mý lyf
en al gaan sy dood
kan niks of niemand my ekheid van haar wegvat nie

hoekom wil mense so gou van lyke ontslae raak?

los my lyk ver van mense se aanskou
laat ek in die hittige son van Afrika
disintegreer en in my eie tyd
een word met die grond

II

as iemand op my beendere afkom
vat dit en string dit op in 
‘n marionet waarmee kinders en grootmense 
na hartelus kan speel

want selfs in die dood
wil ek nie ophou dans

No comments:

Post a Comment