ek skryf hierdie gedig terwyl ek luister
na 'n funky dans remix van Diana Ross
se Love Hangover
ek dans meer as wat ek skryf
die refrain herhaal oor en oor
i don't want to get over this
i don't want to get over this
se teëls omgedolwe deur my voete
wat ook nie die gevoel wil stop nie!
so ook die scatter verse in my gedig
wil nie sit of lê kry
nou ja, hulle moet maar opspring en saam dans...
No comments:
Post a Comment