Monday 28 November 2016

op my tong tik daar 'n taal

op my tong tik daar 'n taal
wat iets in my siel wakker maak
laat ek vir 'n oomblik indink
hoe dit sou wees om taal-loos te wees
my hart sal dor en dof wees
die verveling sal my kieste opdroog
dink net hoe gesprekke, grappies,
woordspelinge en gedigte ons mense so opgewonde maak
daar is iets so lewe-gewend aan taal
'n goeie gedig is dikwels lekkerder as
'n lekker ete
mens se kieste, kele en tonge honger
na die verrukking van woord

daar is iets so gierig in my om
woorde myne te maak

dankie evolusie vir taal!

No comments:

Post a Comment