Wednesday 9 November 2016

die wond bly oop

die wond bly oop en bloot
geen kans word my gegun
om dit tot stolling te bring

die bloed bly loop
ek het nie meer die hart om 
te treur oor my pa nie

ons moet nou krisis-beheer uitoefen
by sy ingebreekte huis
gebreekte slotte en hekke

die wond bly oop
geen kans tot stolling
wat het van my hartseer geword?

dit is onenergieke poliesmanne
cut to the chase insurance assessors
en baatsugtige bure wat net tafels en heaters en verf wil gryp

sakke en bokse van my pa se goed
wat ek met 'n teesinnigheid uitdeel
vir die hospice en spca

trek hou met al die nuwe slotte
verlig maar halfhartig die housesitter
die huissleutels oorhandig

want ons het geen keuse meer nie
die huis gaan van alle trots beroof word
die wond kan nie net so oop bly nie

closure 
ordentlike closure 
moet gevind word

No comments:

Post a Comment