Monday 14 November 2016

die met vlerke

liewenheersbesies bloei uit haar hart
honderde van hulle moeras in haar bors

die spikkel-klein vlerkies begin ritsel
en maak gereed vir opstyg en vlieg 

haar hart het nie 'n keuse nie 
sy klou vas aan die besies se rysende vlerke

niks kan die vlug van haar hart
en die honderd vlerke keer nie

haar borsbeen breek oop
en haar ribbekas splinter en spaander

die met vlerke 
sal vry vlieg

No comments:

Post a Comment