na aansporing van Julia Cameron en haar Artist's Way
O Heerser in die Poëtiese Hemele -
Mag jou Digterlike Reën
vollop en met oorgawe oor my hoof val
Ek bid vir metaforiese spierkrag wat
my woorde ver verby die horisonne sal laat hardloop
Ek bid vir genade in die tye
wat ek my mees genadelose kritikus is
Mag ek leer om my kuns elke dag te verbeter
Mag ek my vaardigheid ontwikkel en ontplooi tot
gloeiende vlakke van Wow-dom
Ek bid vir skerpsinnigheid:
'n sterk sin vir "less is more"
en groot asseblief, 'n humorsin wat
my digkuns onweerstaanbaar sal maak
Ek bid ook vir al die ander
minder en meer talentvolles
Mag ons almal skyn en geen afguns of
jaloesie vir mekaar koester
Net liefde en aanmoediging tussen
ons kunstenaarsfamilie
Ek vra dit in Poëtika se naam
Amen
Saturday, 20 July 2019
Sunday, 14 July 2019
water mymering
![]() |
photographer: Dani Debellis |
Stroom waarin die donker
net die donker sien
met jou kan ek praat
ek ken jou beter.
- Ingrid Jonker (uittreksel uit gedig Donker stroom)
ek het vir te lank te diep gedink
dat die dieptes gatvol vir my geraak
het
en my vlakkant toe gestoot het
nou mis ek daai dieptes:
daai verkolking van die self
in die liglose vakuum
hoe tragies!
ek is besig om te verdrink
hier in die vlakke waters
asseblief dieptes, kom haal my!
my lyf kan die inperking van
hierdie oppervlakkigheid
nie meer verduur
o dieptes, jy is oper
wilder
en
vryer
water pondering
Stroom waarin die donker
net die donker sien
met jou kan ek praat
ek ken jou beter.
- Ingrid Jonker (extract from the poem Donker stroom)
for too long i have
thought too deeply
that the depths have
become annoyed with me
and pushed me to the
shallow end
now i miss those
depths so much:
that vortex of the
self
in the lightless
vacuum
the tragedy!
i am busy drowning
here in the shallow
waters
please depths, come
fetch me!
my body can not stand
the confinement of
the shallowness
oh depths, you are
more open
wilder
and
freer
Sunday, 7 July 2019
soen-net
my pen word gevang deur
die soen-net
veertien lyne geweef en
gerym met feestelike pret
drie kwatryne om jou toe
te spin met soene
kom trick or treat, dit is
beter as halloween se pampoene
met honderd-vier-en-dertig
soene wil hierdie soen-net jou troetel
ontspan en hou op om aan
jou bo-lip te vroetel
maak toe jou oë
en sink in die beswyming
jou lippe sal begin tril met die beryming
gee jouself oor aan die soen-net se
verleidingspel
die hoendervleis gaan dartel al langs jou tong
en vel
drink diep uit elke soen se digterlike fontein
en so sal ‘n geluksaligheid in jou oorsoende
kieste verskyn
nou is dit net die koeplet wat oor is om jou
koebaai te kus
met haar twee rymende lippies sal sy jou nou
aan die soete slaap sus
Friday, 5 July 2019
gee die waternimfe hulle swemplek
![]() |
photographer: Dani Debellis |
vir Billy
hou die poele dop
hou die poele dop
en
jy sal jou begeertes in die
water-arsenaal vind
en
binnekort op die water loop
die
waterdraers is die uitverkorenes
om
deur die donker stroom te vaar
en diep dieper
diepste
waters oop te kerf
jy
dink dit is net waterrympies
wat
soos olie op die water lê
as jy mooi kyk sal jy vlammende voorspellings
in die stille golwe se opwellinge sien
dit
is sillabes wat die waterweë
met kwartsiet uitspel
moet
nie jou ledemate se gehegtheid
aan
die warmwaterbron verkwalik nie
elkeen
van ons het ‘n diepe waterbehoefte
wat
nie met leë waterbeloftes verwar moet word nie
los
die waterpolitiek op die agterstoep
die
kinkels gaan nie my pype indring nie
laat
ons die kuns van
die
ongekunstelde waterminnaars leer
en
gee die waternimfe hulle swemplek
hulle
sal die immer migrasie van water laat voortblom
Subscribe to:
Posts (Atom)