kry ek nog so oomblik van oorstelp
waar my nek en keel uitspan met
'n vlietende uitbundigheid
vanoggend was so vlietende somse oomblik -
toe voel dit asof al my voorouers en al die kunstenaars
hier deur my keelbande wil losbreek
vanoggend was so vlietende somse oomblik -
toe voel dit asof al my voorouers en al die kunstenaars
hier deur my keelbande wil losbreek
ja soms, tog soms
word ek oortref met iets groters as ekself
en dan draai ek om
en trap ek weer in my bekende lara-spoor
en trap ek weer in my bekende lara-spoor
maar iets bly gloei in my nekspiere
iets helder bly agter