Tuesday 17 July 2012

Wit



in wit wil ek wees
in wit wil ek myself skilder
geen skaamte op my wang laat bloos nie
in geen vrees my vlerke laat val nie
in wit skone wit wil ek wees
skim
spook
'n denkbeeldigheid
kan dit dalk op eerste sig lyk
maar wit so waaragtig as wit sal ek wees
ek wil nie meer wegkruip agter kleur en
fladder en spier en spring en vlieg nie
ek wil hier
wees
net
hier
wees
en in wit sal dit moet wees
kleur my hele lyf wit in
laat geen ander kleur deurskyn
net wit
altyd wit
in wit wil ek praat 
in wit wil ek sing
in wit wil ek dig
in wit wil ek slaap
laat ek alle kleure verwit
laat wit my hele wese oorneem
elke spier
elke gedagte
elke tree
elke asem
laat dit in wit wees
kleur verlei
kleur maak deurmekaar
gee
my
eerder
die
eenvoud
van
wit

No comments:

Post a Comment