Sunday 19 August 2012

Gedig sonder grense - a failed attempt

uit die binnewerke van my maag
breek daar 'n butterfly los toe ek hoor
ek moet 'n gedig sonder grense skryf
nou vir wat wil ek my tong se grense oorskry?
ek breek alreeds so baie reëls
kan ek nie vir eens binne perke bly?
ek raak nou moeg vir gedurig my sondes bely
ek's alreeds haaks en steeks
nou wil julle hê ek moet my arme taal
uit sy seams laat breek!
die butterfly hy fladder nou wild
want die fifteen minutes hardloop hele-mal te vinnig uit!
jirre dit vat lank om 'n gedig sonder grense te skryf
ek try blêrrie hard
om soes 'n kjênd van die streets te klink
dit kô nie naturally om op my gat te sit en dig nie
dêmmit!
gee my 'n fiets
gee my 'n wind
dis al hoe ek seemingly reguit kan dink!

18 augustus, helenvale poets' workshop

No comments:

Post a Comment