Saturday 13 April 2013

Die soen

ek kan niks anders vind wat beter is as
die soen van jou mond teen myne
met die soen word
ons monde en koppe een
ons weet nie watter lippe watter tong watter tande
is myne
en
watter is joune
om jou te soen is om 'n woudpad voor my
te sien oopbreek in die skemer van die dag
om jou te soen is 'n verrukking wat my hele lyf omswaai
en in 'n heel nuwe wentelbaan gooi
om jou te soen is om myself te verdrink in die kelk van 'n papawer
ek voel die lente deur jou lippe breek
dit proe na koel-soet dou in die vroeë oggendure
jou soen wat liefde so eindeloos spreek dat dit
my hart bont-vol laat staan van oorvloed

No comments:

Post a Comment