Friday 30 January 2015

agter tralies

ek wil net slaap
maar hier staan ek
met my uil pantoffels
voor die laptop en
maak sin van die
punt blare wat wieg
in die wind die
hoenderhaan kraai die duif
tortel ek sug en die
rooi kar sny deur
die grondpad en groen
weivelde dit trek my
oog na die bottelborsel
wat net so lekker
aan't wieg is en
ek raak op my
voete aan die slaap
ek moet net nog
een keer kyk na
wat daar so graag
gesien wil word my
oё raak weg in die
jasmyn en die plantasies
en my ore word
ge-abba deur krieke ek
hoor die vlieg agter
tralies ek maak die
venster oop
hy vlieg buitentoe
en laat my
alleen
hier binne agter

No comments:

Post a Comment