Monday 24 June 2019

vrypostig

ek moet blindelings oor die papier dans 
met oë toe en hart oop
laat die sillabes musiek in my ore oopbreek

die intervalle klim my woorde soos trappe
die verlangende mineur sesde en 
die hygende chromatika van die mineur tweede

oor die toontrappe gly ek 
met dronke voete op en af
en vind my sinne hulle eie melodie

ek weier dat enige argitketonika 
met reëlmaat of simmetrie
die rym in my kop pons!

kyk net hoe my hande en 
heupe en hare 
en vel so vrypostig oor die papier dans

die metafore peul bont uit die oksels van my arms
geen enkele woord sal in my taal 
ongesê gelaat word nie!

No comments:

Post a Comment