Tuesday 6 October 2020

rosyntjie

al die skrywers van die hede en verlede
se skadu val oor haar
sy voel so onbeholpe
onbekwaam
ongeletterd
haar brein bly self-verteer tot
een klipharde smaaklose rosyntjie

watter waarde is daar te vinde
in ‘n rosyntjie-kop-digter?

sy moet eerder – as verlossing en versnapering –
die rosyntjie in stroopsoet rooibostee week
en dit met stadige tandekners pulveriseer
en maag toe sluk 

nou is daar niks meer in haar kop

nou kan sy met genoegdoening
haarself die oopkopdigter noem!

No comments:

Post a Comment