Saturday 26 November 2011

mag ek...

die gedig van e.e. cummings may i feel said he het in my kop gespring toe my ouers 'n woordwisseling gehad het. hier is my vrye verwerking van die toneel (EN die cummings gedig):

kan jy 'n klim-raam vir
my grenadilla-plant maak sê sy
verseker sê hy
is jy seker? sê sy

o ja sê hy
jy is 'n skat sê sy
sê net hoe groot sê hy
so breed en so hoog sê sy

nou maar toe sê hy
dit lyk nie onmoontlik nie
haai dit maak my hart so bly sê sy
niemand anders kan dit doen soos jy

nee! wat maak jy nou? sê sy
ek pas die kalkulasies so bietjie aan sê hy
maar dis nie hoe ek dit wou he sê sy
hou jou bek sê hy

my grenadilla gaan skeef groei sê sy
moenie so stres sê hy
ek gaan iemand anders se hulp kry sê sy
jy waag dit nie sê hy

nou dan doen wat ek sê sê sy
gaan vlieg in jou moer sê hy
ek gaan jou nooit weer vra sê sy
nou maar toe, ek loop nou maar sê hy

ag nee, kom terug sê sy
maar dan los my uit sê hy
onthou so hoog en so breed sê sy
ek gaan die grenadilla se nek omdraai sê hy

try dit net, en ek draai JOU nek om sê sy

die oorspronklike gedig van e.e. cummings:

may i feel said he


may i feel said he
(i'll squeal said she
just once said he)
it's fun said she

(may i touch said he
how much said she
a lot said he)
why not said she

(let's go said he
not too far said she
what's too far said he
where you are said she)

may i stay said he
(which way said she
like this said he
if you kiss said she

may i move said he
is it love said she)
if you're willing said he
(but you're killing said she

but it's life said he
but your wife said she
now said he)
ow said she

(tiptop said he
don't stop said she
oh no said he)
go slow said she

(cccome? said he
ummm said she)
you're divine! said he
(you are Mine said she)


No comments:

Post a Comment