Friday 23 March 2012

die djellie-trip


My pa, Louis skrik nie vir kook, bak en brou nie. Hy is passievol oor proe en eet en smul. En natuurlik probeer hy dikwels nuwe resepte uit! As ek vir hom vra, kan ons dit of dat byvoeg dan sal hy antwoord: "Moer by!"  Een gereg - komkommer jellie - het hy my eendag oortuig om saam met hom te maak ...

die resep maak my lag, die uie maak my tjank
aaarrrrgh, die geraspe van die iengliesh q'cumber vat te lank!
die suurlemoen spat in my oog
o god, dis alles 'n toets vir my kook-geloof.


fok dit! ek gryp die sitroensuur
plug die electric grater in,
sit my sonbril op
 - vir wat sal 'n komkommer,  su'lemoen en ui
my dan nou so onder kry?


ek klits met 'n nuwe lus
niks gaan nou my vuur blus!
dis net poeier van gelatien waar jy kyk,
heuning wat blink tenie mure en oppie lippe pryk.


toe, toe!! paas die dagga en die dill
dis nie nou die tyd om vir groen te gril!
(wat se^ Louix: sommer moerbye ook -
dit sal als die lus bly stook)


hokaai nou! moenie te veel proe en lek!
laat die djellie eers ordentlik stol en set.
binnekrt sal ons die tonge indip
en ons smaakkliere en ingewandes heen vat op die djellie-trip!

No comments:

Post a Comment