Tuesday 13 March 2012

die son
skiet
teen
die kranse
breek die klippe
in
honderd
splinters
lig
laat my kop
tuimel
oor die die beurende klip
vryf my gesig met
die grond
van hierdie aarde
maak ek 'n masker
dat
die voorvaders
my kan herken
trap ek diep spore
dat die voormoeders
die trots in my treë kan aanskou
en weet dit is hier waar ek styf aan die lewe wil bly klou

Dankie Liesel Kershoff vir die foto!

http://www.lieselkershoff.com/

No comments:

Post a Comment