Tuesday 12 August 2014

wonderlike malligheid

sluk terug my kwylende tong

getye smelt oor my voete

deurmekaar voetspore

blydskap van reunifikasie
wink diep en so ekstaties in my een oog
klou ek aan die liefde
geen groter blydskap as hierdie
verskrikking van die spinnekoppe en hulle rakke
slaat die wonderlike malligheid in die pleister van die mure

uit die oneindigende windrigtings
kom vissermanne se aas-asems gejaag

die vuurvliegies vlieg in my hare
verbyster my pad

die vreugde knyp my aan 
die binnekant van my kieste

hoe deel ek hierdie met die wêreld?

No comments:

Post a Comment