Tuesday 9 December 2014

net perfek

diep asemhaal 
met die gladde aanraking 
van pen op papier
die sus en soelheid 
van die skrywersoomblik
kondisies net perfek
temperatuur onverbeterlik
vreedsaamheid in die kol
fokus sekuur
en oog-knip ondesperaat

diep asemhaal
tot in my tone
en tot op die skiereiland 
van my boude
voel die wonderskone lewe 
deur elke sel trek
dit is tot in die kop en hart 
van verbeelding wat ek moet asemhaal
tot daar waar elke suurstofsel 
omskep word 
in 
skouspelagtige technicoloured dreamcoats

No comments:

Post a Comment