Wednesday 15 July 2015

ma en dogter in die tuine

in die botaniese tuine
voel dit soos paradys
ouhoute en witstinkhoutbome
waterkuile en eende
stilte en clivias
klippe en kranse
twee swart arende
moyeni en tulane
wat takke en kos aanvlieg vir
hulle ses-weke oue kuiken
sproeiers oral op die grasperke
dit is so idillies
ek vergeet dit is winter op die hoëveld
op elke bankie wil ek myself uitstrek
in elke skadukol wil ek droom oor
hoe lekker ek kry
dit is alles nog lekkerder omdat
my ma sonja ook saam is
ek kan sien hoe die lig in haar oë ophelder
as sy in haar gunsteling laan afstap
sy kla nie een keer oor haar seer knie of enkel nie
sy is rustig en ongejaagd
ek hou die meeste van haar so -
tydloos in die botaniese tuine
wat voel soos paradys

           Walter Sisulu Botaniese Tuine

1 comment: