Sunday 14 August 2016

beskawing

wat is dit om 
beskaafd 
te wees?

geskaaf van ‘n mens 
se 
wildheid

geskaaf van 
die stekelrigheid
wat jou jy maak

geskaaf om te blink net soos 
al die biljoene ander?

hoekom wil ek deel van ‘n beskawing wees
wat soveel kak aanjaag?!

ek dink dit is by verre 'n beter idee
om rond te rol in 
die lekkerkry 
van 
my ongeskaafdheid 

No comments:

Post a Comment