Thursday 19 July 2018

jaagtog van die kele

gedoriewaar die plante hou net nie op met rank nie
en dit terwyl so baie afgeleefde siele net
meer en meer verwese word
die soetheid van die verlange het 'n manier om
deur die rigiditeit van tyd te druk
daar skiet 'n snak van verligting
sodra 'n hart vertaal word
dit is nie die kilte buite maar die kilte reg hier
binne die tong wat die rillings veroorsaak

terwyl trollies deur die malls hinkepink
het die stoffasie by die huis die kans
om al die geheime in die huis uit te lap
goddank die verlepte blomme het nie oë
om die verdeeldheid te sien nie

die oortonnels is versper teen
die verstotenes se gille 
hoekom is daar soveel verbasing as
wegkwyning die orde van die dag word?

die jaagtog van die kele breek deur 
die eucalyptus se blare
die filantrope begin belangstelling verloor
in die kwellende mensdom
die betonblaaie het net nie dieselfde manier
om die goue skynsel van die son uit te straal
soos die uitspansel van die afrika veld

ruk die brandblussers van die mure
gooi hulle in die see
as die stad moet afbrand
dan moet dit
die wolkekrabbers gooi net te veel skaduwees
die son se taal sal ons 
beskerm teen 
die verdriet

No comments:

Post a Comment