Tuesday 3 July 2018

suig

uit die kleiputte sleep sy haar tong
in watter taal moet sy skryf om verstaan te word?
hoeveel keer moet sy 'n vertaler soek?
soos haar vingerafdruk, haar oë-kleur
en die bolling van haar rugstring
kon sy nie kies in watter moedertaal
sy gaan praat nie
tog voel sy so diep geheg aan 
hierdie taal waarin Raka asem gekry het
die taal wat haar dikwels so alleen laat voel
sy hardloop agter die laaste vestings van
die bekende lettergrepe -
lettergrepe waaraan sy suig 
soos moederstieties

1 comment:

  1. Glenn read this poem at Steampunk last night. He did a great job of all the pronunciation!

    ReplyDelete