Wednesday 25 November 2020

paisley-tonge

die paisley-patrone teen my slaapkamergordyne
lyk vanaand nes tonge wat die warm nag nat wil lek
tonge wat teen my uitgedroogde verhemelte wil oplek

kom paisley-tonge, slobber oor my wange
vee 'n feestelike skyn oor my gesig
spat ongekarteerde vervulling deur my borskas

o paisley-tonge, moenie ophou om die kreatiewe lekkerte
binne my wakker te lek nie
verlewendig die visioene vir en van myself 

No comments:

Post a Comment