Thursday 12 November 2020

ritssluiter van my papier

As ek nie weet wat om te skryf nie
Kyk ek vir letterlike speletjies om die
Ritssluiter van my papier te wees
Of
So hoop ek
Tas deur die alfabet totdat daar
Iets noemenswaardig sal
Eskaleer wat die
Sintuie van die leser
Ekstrapoleer

Gee die honger oë
Een van die
Noodsaaklikste
Oorlewingsmiddels - 
Toor-digtatorika!

No comments:

Post a Comment