Tuesday, 14 January 2025

voor die begin was die soen

jy soen my omdat
ek jou soen
omdat jy my soen
omdat ek jou
soen omdat jy
my soen
omdat
ek jou soen
totdat ons nie weet
wie het die soen begin soen
en aan die begin
was die soen die begin van die begin van die soen
is die begin van die einde
want hoe lank kan die ek
die jy
begin soen
voordat die jy
begin om terug te soen
en dan voor ons ons oë uitvee
is ons op die punte van ons lippe
en die soene val om ons neer
en verdrink in die beginne van al ons soene
want daar is 'n vloed van beginne wat wag 
vir die begin van die soen en 
dis altyd begin van voor af
dis altyd soen van voor die begin
en die begin is so geduldig vir die begin van
die soen maar hoe meer beginne 
hoe meer word die honger
en ons is van vooraf weer honger
want hoekom raak ons honger soos
aan die begin wanneer die begin so honger wag
om weer te begin soen

No comments:

Post a Comment