ek het weer so siek geword in my longe
slapelose nagteverstarde en moeë dae
bolyf en borskas so seer
vandag so laagtepunt bereik
geen fisieke of kop krag
ek sien niks veel raak nie
ek is in so sieke dwaal
dit wat ek wel sien lyk faal
maar
daar was
een enkele
objek
wat my aandag verwonderd vasgehou het:
wat my aandag verwonderd vasgehou het:
' n leë
consol
glas pot
die manier hoe sy net daar so geruisloos
in die oggendlig staan en blink in
haar glassigste glassigheid
ek sit op die vloer en bly kyk en kyk na haar
'n eenvoudige glas pot
ek hoef nie eens aan haar te vat nie
sy is werkliker as werklik
meer betroubaar as my hart en my kop
sy die hoopvolste stil lewe in
my bestaan vandag
die poëtiese misterie:
hoe verruk ek staan teenoor
hierdie
harde
helder
deursigtige
passieloosheid van glas
No comments:
Post a Comment