in my moegster moegte sal ek 'n gedig skryf
al moet my kop in semi-droomland begin dryf
dis mos 'n kans om in wakker én slaap die fokus te behou
en die skoonheid van die oomblik met 'n pen in die hand te aanskou
mag die kunstenaar nooit sê "ek hardloop uit tyd"
ag nee man, dit is geen woorde van jolyt!
as digter moet jy verse kan maak uit die sekondes van die klok
daar is regtig geen ding wat jou kreatiwiteit sal kan inhok
verbrand die grense in jou kop! breek die slotte oop!
dit is nou die tyd om jou wese tot ongegrendelde essensie te stroop
staan op en swaai jou arms hoog en ver
jou verse sal groei en rym tot die blinkste ster
Saturday, 29 September 2018
Tuesday, 25 September 2018
pluk die ryme soos appeliefies
ryg hulle soos sonskynige sonne deur die papier
laat die verse stadig en groen groei soos mos
wat jy oor jou honger tong kan gooi nes 'n karos
dit is 'n moerse vertroeteling vir woorde om so mooi te lê
met die berusting dat niemand hulle ooit sal kan ontsê
waaragtig! 'n gedig sal jy nooit kan ontskryf
soos 'n gretige bloeisel kom lê sy in jou lyf
so, bly die ryme pluk soos appeliefies uit die bos
sonder om 'n voet te lig sal die verse jou van engte verlos
Sunday, 23 September 2018
granaat
laat my weggaan op
'n tog ver buite my kop
verby die horison wat
my oë kan sien
kan ek my skedel oopvou
soos 'n granaat
en die sade van my denke
laat spat en skitter waar hulle wil
Wednesday, 19 September 2018
...en dit is nie by wyse van (surrealistiese) spreke nie
die ewigdurende fantasie om
al die bene in my skelet soos dolosse
uit te strooi oor die grond
en dit weer te herbou tot
'n splinternuwe vorm
dali en picasso staan opsy!
maak plek vir lara
se Hervorming
al die bene in my skelet soos dolosse
uit te strooi oor die grond
en dit weer te herbou tot
'n splinternuwe vorm
dali en picasso staan opsy!
maak plek vir lara
se Hervorming
Tuesday, 18 September 2018
maak jou oë toe
maak jou oë toe
skryf hierdie beelde op
die binnekant van jou ooglede:
die gesig van jou moeder
die hande van jou vader
die reuk van ryp perskes
die wind op jou voorkop
die son op jou skaamhare
die roosmaryn gepars tussen jou duim en voorvinger
die knetter van vuur in jou ore
die taai streep heuning wat jy van jou voorarm lek
sonder verfkwas, tellie of foonskerm
het hierdie vers
lig
in jou kop
gedig
skryf hierdie beelde op
die binnekant van jou ooglede:
die gesig van jou moeder
die hande van jou vader
die reuk van ryp perskes
die wind op jou voorkop
die son op jou skaamhare
die roosmaryn gepars tussen jou duim en voorvinger
die knetter van vuur in jou ore
die taai streep heuning wat jy van jou voorarm lek
sonder verfkwas, tellie of foonskerm
het hierdie vers
lig
in jou kop
gedig
Saturday, 15 September 2018
maklike eggo's
die kleurling-kele is onapologeties aan
die lewe vanmiddag
skrille sillabes tref die nokke van dakke
die son aanskou alles ongedeerd
die geesdriftige dialoog word al hoe harder
ek lag in my mou
ons wit mense se stemme so self-bewus
en verstrak met onbenullige inhibisies
hoe vry klink hulle volborstige stemme
wat sulke maklike eggo's
in die straat
laat lê
Wednesday, 12 September 2018
draadwerk
uit die woesteny kom daar 'n sistemiese
raamwerk geskep
pype draadwerk kanale are
oor en weer
'n vervoer van noodsaaklikheid
'n onwrikbare oordrag van informasie
hierdie gedig is die hoeveelste afdruk in
die matriks
die ink-vloei 'n miniatuur replika
van sistematiese beheer en kolonisasie
verewig vasgevang in
die draadwerk
van die tong
raamwerk geskep
pype draadwerk kanale are
oor en weer
'n vervoer van noodsaaklikheid
'n onwrikbare oordrag van informasie
hierdie gedig is die hoeveelste afdruk in
die matriks
die ink-vloei 'n miniatuur replika
van sistematiese beheer en kolonisasie
verewig vasgevang in
die draadwerk
van die tong
Monday, 10 September 2018
die ekheid is 'n fenominale vryheid
die rigiditeit van die rasionaliteit:
alewig dink en blokkig
in reghoekige begrip konstrueer
die begeerte brand kwaai
om onlogies, grensloos en koploos met
die digtatorika te toor
moet ek die anatomie van skedels en
atome ken om waardigheid aan
die skeppingsdaad te gee?
sekerlik kan my instinktiewe verbeelding
'n rol speel in die uitsnuffel van
poëtiese waarhede
'n goeie begrip het 'n halwe woord nodig
die ekheid is 'n fenominale vryheid
wat so mobiel allerhande jye kan ontmoet
almiskie! ek gaan hierdie ek
omdolwe en opklits
sodat ek soveel moontlike essensies uit
my ekheid kan distilleer
soveel potensiaal wat nie kan wag om
die ek verder en dieper in
die ek-splorasie in te stuur nie
alewig dink en blokkig
in reghoekige begrip konstrueer
die begeerte brand kwaai
om onlogies, grensloos en koploos met
die digtatorika te toor
moet ek die anatomie van skedels en
atome ken om waardigheid aan
die skeppingsdaad te gee?
sekerlik kan my instinktiewe verbeelding
'n rol speel in die uitsnuffel van
poëtiese waarhede
'n goeie begrip het 'n halwe woord nodig
die ekheid is 'n fenominale vryheid
wat so mobiel allerhande jye kan ontmoet
almiskie! ek gaan hierdie ek
omdolwe en opklits
sodat ek soveel moontlike essensies uit
my ekheid kan distilleer
soveel potensiaal wat nie kan wag om
die ek verder en dieper in
die ek-splorasie in te stuur nie
Thursday, 6 September 2018
ergenis
as
klippe aan hulle emosies
kon uiting gee
kon uiting gee
dan sou
hulle sekerlik
ergenis wys oor
ergenis wys oor
ons
platvloersheid
Wednesday, 5 September 2018
soos wat die water die grond dreineer
soos wat die water die grond dreineer
sypel daar 'n hoopvolheid deur my rugstring
my kop is besig om die dag te verteer tot 'n gedig
my oë verdrink in die vriendelike lig wat
deur die vensters breek
hoe so een toneel my hele wese omkeer en uitkeer
totdat ek deel van die wolklandskap word
daar is nou niks ekstern of intern nie
alles is nou een en inmekaar
niks om weg te steek of af te loer nie
skamigheid het verdwyn
geheimenisse is nou 'n blootgestelde feesviering
die dans van die atome word sigbaar
ek skud my spiere deur die gordyne
die gedig stop hier want haar arms verander
in die vlerke van 'n skoenlapper op vlug
om al die verstotenes terug te roep na die kern
Labels:
gedigte,
gemoedstoestand,
lig,
liggaam,
observasie,
vlieg,
water
Monday, 3 September 2018
om op die tong van sylvia plath te sit
om op
die tong van sylvia plath te sit
en met
haar speeksel te meng
en die
metafoor te voel drup
op my
voorkop
op my
borste
op my kuite
...
ah die wondersoetheid
om binne in
die seëning van haar digterlike genialiteit
asem te
haal
Tuesday, 28 August 2018
ruisende waters
daar is die sekerheid dat die soektog
die skerp invalshoek sal behou
sodat die belangstelling
en toewyding nie sal taan
solank bly ek glo in
nuwe metaforiese ontdekkinge
die ink-riviere kronkel skraal
die dag sal kom wanneer hulle skouers
sal uitdein en die banke triomfantelik opstoot
om plek te maak vir die ruisende waters
die skerp invalshoek sal behou
sodat die belangstelling
en toewyding nie sal taan
solank bly ek glo in
nuwe metaforiese ontdekkinge
die ink-riviere kronkel skraal
die dag sal kom wanneer hulle skouers
sal uitdein en die banke triomfantelik opstoot
om plek te maak vir die ruisende waters
Monday, 27 August 2018
an evening
raindrops coughing against
the flower petals
serenity is the warm water-bottle
between my feet
words falling under
the penumbra of
the hand
waiting
for the heart
to quieten
silken cheek of my doll
lulls me to sleep
the clock hacks the evening air
into charmless chunks
the flower petals
serenity is the warm water-bottle
between my feet
words falling under
the penumbra of
the hand
waiting
for the heart
to quieten
silken cheek of my doll
lulls me to sleep
the clock hacks the evening air
into charmless chunks
Saturday, 25 August 2018
Friday, 24 August 2018
perfek deurmekaar
die digterlike bewussyn is gemosaiek
soos bollende paisley druppels
wat
perfek
deurmekaar
om mekaar bons
'n malle rapsodie van kinkels en kwinkslae
verwar die fokus
maar
mettertyd sal die oog inzoem
en sekuur
die digterlike objek eien
soos bollende paisley druppels
wat
perfek
deurmekaar
om mekaar bons
'n malle rapsodie van kinkels en kwinkslae
verwar die fokus
maar
mettertyd sal die oog inzoem
en sekuur
die digterlike objek eien
Tuesday, 21 August 2018
woord-krummels
kyk die woord-krummels wat ek
agter my gooi soos hansie en grietjie
in tye van verlorenheid
sal ek my oog op hulle gooi
en my pad terugvind na
die hart van sin
agter my gooi soos hansie en grietjie
in tye van verlorenheid
sal ek my oog op hulle gooi
en my pad terugvind na
die hart van sin
Thursday, 16 August 2018
ink-trails
Here is the last of the three poems I wrote this last week.
I found the inspiration from a short story by the Argentine writer Jorge Luis Borges - The God's Script. In the story the Aztec priest Tzinacan is held captive by Pedro de Alvarado. After seeing a vision Tzinacan claims that there is a divine script of fourteen words (and 40 syllables in total) that will assure his freedom.
The fourteen words are never revealed. He does not get released.
I thought of my own fourteen words equaling 40 syllables and wrote these poems around them.
Good practice for the verbal mind.
ink-trails
for james
sometimes the confidence
inflates the letters
I found the inspiration from a short story by the Argentine writer Jorge Luis Borges - The God's Script. In the story the Aztec priest Tzinacan is held captive by Pedro de Alvarado. After seeing a vision Tzinacan claims that there is a divine script of fourteen words (and 40 syllables in total) that will assure his freedom.
The fourteen words are never revealed. He does not get released.
I thought of my own fourteen words equaling 40 syllables and wrote these poems around them.
Good practice for the verbal mind.
ink-trails
for james
sometimes the confidence
inflates the letters
i have a suspicion that the words
laugh at our mortality
their ink-trails often carry more
than our blood-trails
laugh at our mortality
their ink-trails often carry more
than our blood-trails
there is just no way to find shelter and sleep
with this instinctive curiosity
conflagrating in our minds
with this instinctive curiosity
conflagrating in our minds
the ancestors have such a hard time
keeping watch over us
especially with the emphasis on the I
keeping watch over us
especially with the emphasis on the I
they never thought that
their tummies will turn with
such insatiable hunger
that is caused by all their listening to
our incessantly wagging tongues
their tummies will turn with
such insatiable hunger
that is caused by all their listening to
our incessantly wagging tongues
it is the togetherosity of the spirits
that sweeps up all the imperfections
and stores it in the great larder of wisdom
* * *
The fourteen words I chose are:
confidence, mortality, shelter, sleep,
instinctive, curiosity, ancestors, I,
hunger, listening, tongue,
togetherosity, imperfection, wisdom
* * *
The fourteen words I chose are:
confidence, mortality, shelter, sleep,
instinctive, curiosity, ancestors, I,
hunger, listening, tongue,
togetherosity, imperfection, wisdom
Saturday, 11 August 2018
wisdom comes
for james
wisdom comes when we embrace our imperfections:
come here, come lie down in the shade of these words
curl back into
your silken surrendering self
wisdom comes when we embrace our
in this we shall stand in togetherosity
until peace settles on our tongues
oh wonder, oh woe
our ancestors have left us with
a glut of wealth and poverty
a glut of wealth and poverty
keep listening to
the rich hunger between
the you and the I
the rich hunger between
the you and the I
do not fear your curiosity -
that is the whetstone that keeps your instincts
cutting a path through the obsidian forest
make generous place for sleep
for it shelters our eyes against the glaring reality
of our long-suffering mortality
it is good to learn
to let go
of all this bipedal confidence
curl back into
your silken surrendering self
Thursday, 9 August 2018
without seeking shelter
for james
without seeking shelter from that exposed ledge
look with confidence
your mortality straight in the eye
when you go to sleep
may your instinctive curiosity
breed liquid dreams
you're not aware of it but
the ancestors walk with you daily
it is not just the lonely I
turn your hunger into listening
your tongue will soften
its desire to fill space
from a place of togetherosity
will our imperfections
move towards wisdom
without seeking shelter from that exposed ledge
look with confidence
your mortality straight in the eye
when you go to sleep
may your instinctive curiosity
breed liquid dreams
you're not aware of it but
the ancestors walk with you daily
it is not just the lonely I
turn your hunger into listening
your tongue will soften
its desire to fill space
from a place of togetherosity
will our imperfections
move towards wisdom
Monday, 30 July 2018
i have many meanings
i have many meanings
and relish in double entendres
don't think you can stop me
embracing double messages and ambiguity
i have many intentions
i am fluid
i am changeable
i am seasonal
i am ebb and tide
why mean only one thing
when i can mean many?
celebrate my contradictory nature
drink a toast to my paradoxical tongue
i am after all just a poetic being
and relish in double entendres
don't think you can stop me
embracing double messages and ambiguity
i have many intentions
i am fluid
i am changeable
i am seasonal
i am ebb and tide
why mean only one thing
when i can mean many?
celebrate my contradictory nature
drink a toast to my paradoxical tongue
i am after all just a poetic being
Saturday, 28 July 2018
roep my op jou naam
roep my op jou naam
sodat ek die son
op jou tong kan sien
sodat ek die son
op jou tong kan sien
Thursday, 26 July 2018
ek bly loop op die aarde
ek bly
loop op die aarde
opsoek na
'n opregte ars poetica
ek blaas
my asem oor die pieke van berge
en raak
net-net aan die bevryding wat
die kleur
van my bloed elke dag beloof
my
kop dans oor die duiselige afgrond van die dood
dit is
die droom wat
die gemoedstoestand laat
bly pendulum
die swaartekrag se gevangeskap
laat my nie die grond minder liefhê
ek klou verbete aan die herinneringe
van humor wat my identiteit sal
verkwik met klanke van lag en skerts
want klip het mos ook lagspiere
wat oor eone verewig is in
die sediment van kreatiwiteit
aha die kuns is waaragtig om
die liefde
die lig
en die liggaam
met oorgawe te vertrou
dit sal ons moederskap versterk en
die sterre sal deur ons selle breek
die sterre sal deur ons selle breek
ons siele sal in skaamtelose naaktheid
terug die natuur insmelt
en sodoende sal die oer weer vernuwe
en hoera! ons perspektief halsoorkop gooi
die pols versnel tot heling
ons moet nie vergeet van ons ritueel
en van ons seksualiteit
ons moet bly sing in ons slaap
sodat die smagting kan bedaar
en ons kan fokus op die son
ons stemme sal oprys in stilte
en verbasend sal almal ons hoor!
beskuldig my van surrealisme
ek gee nie om
want die tong is die nuwe sekondewyser
gooi die woordeboeke weg
want die vel is aangestel as die nuwe vertaler
dit is nou die tyd om te vlieg
verder en meer volhoubaar as die mees
manjifieke voëls
dit is nou die tyd vir vrede
wat deur alle vroulikheid sal vuur
ons sal uiteindelik die betekenis in
die waters sien glinster
Labels:
aarde,
ars poetica,
asemhaling,
berge,
bevryding,
bloed,
dans,
dood,
droom,
gedigte,
gevangeskap,
grond,
herinneringe,
humor,
identiteit,
klank,
klip,
kreatiwiteit,
kuns,
liefde
Tuesday, 24 July 2018
te veel realiteit
die
wêreld bestaan uit net te veel realiteit
te
veel vaste voorwerpe
‘n
oorvloed van materie
ek
hunker om al hierdie fisika af te skaal
die
elemente is so in my gesig
ek
begeer stukkies vakuum tussen my
en
dit alles wat so tasbaar is
met
tasbaarheid kom kwesbaarheid
kom
vertering wegkwyning
en
siedaar verdwyning
aha! dit is mos waar ek wil hê
dit
moet alles wees
shoop!
inglip in die niet
Monday, 23 July 2018
spikkels van my siel
die soliede saamhoort en saamwees
van lyf, siel, bewussyn en energie
stukkies van elk bly agter na die dood
niks is ooit
totaal net weg nie
as stukkie lyf agterbly
bly daar ook stukkie siel agter
dit is hoekom ek sal bly skryf
iets van my lyf, siel, bewussyn en energie
kleef onverbiddelik aan my woorde vas
laat my woorde spikkels van my siel saamdra
so sal my siel die pad bly vind
in die chaos van die wêreld
van lyf, siel, bewussyn en energie
stukkies van elk bly agter na die dood
niks is ooit
totaal net weg nie
as stukkie lyf agterbly
bly daar ook stukkie siel agter
dit is hoekom ek sal bly skryf
iets van my lyf, siel, bewussyn en energie
kleef onverbiddelik aan my woorde vas
laat my woorde spikkels van my siel saamdra
so sal my siel die pad bly vind
in die chaos van die wêreld
Thursday, 19 July 2018
jaagtog van die kele
gedoriewaar die plante hou net nie op met rank nie
en dit terwyl so baie afgeleefde siele net
meer en meer verwese word
die soetheid van die verlange het 'n manier om
deur die rigiditeit van tyd te druk
daar skiet 'n snak van verligting
sodra 'n hart vertaal word
dit is nie die kilte buite maar die kilte reg hier
binne die tong wat die rillings veroorsaak
terwyl trollies deur die malls hinkepink
het die stoffasie by die huis die kans
om al die geheime in die huis uit te lap
goddank die verlepte blomme het nie oë
om die verdeeldheid te sien nie
die oortonnels is versper teen
die verstotenes se gille
hoekom is daar soveel verbasing as
wegkwyning die orde van die dag word?
die jaagtog van die kele breek deur
die eucalyptus se blare
die filantrope begin belangstelling verloor
in die kwellende mensdom
die betonblaaie het net nie dieselfde manier
om die goue skynsel van die son uit te straal
soos die uitspansel van die afrika veld
ruk die brandblussers van die mure
gooi hulle in die see
as die stad moet afbrand
dan moet dit
die wolkekrabbers gooi net te veel skaduwees
die son se taal sal ons
beskerm teen
die verdriet
en dit terwyl so baie afgeleefde siele net
meer en meer verwese word
die soetheid van die verlange het 'n manier om
deur die rigiditeit van tyd te druk
daar skiet 'n snak van verligting
sodra 'n hart vertaal word
dit is nie die kilte buite maar die kilte reg hier
binne die tong wat die rillings veroorsaak
terwyl trollies deur die malls hinkepink
het die stoffasie by die huis die kans
om al die geheime in die huis uit te lap
goddank die verlepte blomme het nie oë
om die verdeeldheid te sien nie
die oortonnels is versper teen
die verstotenes se gille
hoekom is daar soveel verbasing as
wegkwyning die orde van die dag word?
die jaagtog van die kele breek deur
die eucalyptus se blare
die filantrope begin belangstelling verloor
in die kwellende mensdom
die betonblaaie het net nie dieselfde manier
om die goue skynsel van die son uit te straal
soos die uitspansel van die afrika veld
ruk die brandblussers van die mure
gooi hulle in die see
as die stad moet afbrand
dan moet dit
die wolkekrabbers gooi net te veel skaduwees
die son se taal sal ons
beskerm teen
die verdriet
Tuesday, 17 July 2018
kan ek ek wees en ‘n ander
puis-je être
moi et un autre?
-
J. J Rousseau
gelyk?
saam wees
ek
en ‘n ander
ek
gelyk wees aan die ander
die
ander gelyk wees aan my?
gelyk
kyk
voel
asem
skrik
skryf
wakker
honger
?
gelykertyd
gelyk
lyk?
dieselfde
gesig
dieselfde
hart
dieselfde
lyf
dieselfde
naam
saam
ek
en ‘n ander
?
Labels:
asemhaling,
gedigte,
hart,
honger,
identiteit,
liggaam
Saturday, 14 July 2018
mag my woorde toor soos kardemom
mag my woorde toor soos kardemom
heilspel soos komyn
brand soos rooipeper
sus soos kaneel
prikkel soos brandrissie
behaag soos neutmuskaat
en
bemoedig soos gemmer
heilspel soos komyn
brand soos rooipeper
sus soos kaneel
prikkel soos brandrissie
behaag soos neutmuskaat
en
bemoedig soos gemmer
Friday, 13 July 2018
Thursday, 12 July 2018
gegiet
vir Antjie Krog
haar siel is gegiet in
die vorm van Poësia
- niemand het al die vorm gesien nie
maar ons weet goed dit is daar -
net 'n paar siele kan smelt tot in
hierdie vorm
sonder
om
te
kraak
haar siel is gegiet in
die vorm van Poësia
- niemand het al die vorm gesien nie
maar ons weet goed dit is daar -
net 'n paar siele kan smelt tot in
hierdie vorm
sonder
om
te
kraak
Sunday, 8 July 2018
selfie
the
excavation of the Self
the
superficial i-xploration
from
where this will to make
a
photographic portrait of the Self?
the
capture of the hero of your own story
the
desire to be your own celebrity
the
documenting, websiting,
blogging,
tweeting,
facebooking
and instagramming
of
the Self and for the Self
the
strange 21st century tendency to expose the Self
on
the brickless walls of cyberspace
why
do we want to sit in a cold photo-booth
to
be captured by a machine?
it
is so passé to be captured by bureaucratic eyes
and
offered onto the lense of Big Brother
with
drab and smileless faces
we
will press the camera-button ourselves to
photograph
our rehearsed smiles, why thank you!
how
many extra centimetres our necks and
arms will have to grow
we
refuse to ask anyone to do it for us
we
will do it ourselves, we insist
welcome
the Selfie: where the Self is in control of the Self
- we believe and hope so -
we
want to be the rulers of our own fate
designers
of our own roads
publishers
of our own faces
we
refuse to be automatons in
the
soulless mechanics of existence
we
will glow
we
will be beautiful
we
do not need catwalk-mouths to
pose
and pout for us
we
will smile our own smiles
and
steer in our own direction
the
time that we wait for someone to
choreograph
our fate is long past
it
is now the time that we empower our own lives
and
it begins with
the Selfie
the Selfie
Subscribe to:
Posts (Atom)
