Wednesday, 8 October 2025

and the dance will keep coming back

       to my fellow dancers, 
      Tuesday Dancing, Stanford

each of us an open vein from where the lifeblood
pours between the walls
slips up the ceiling
and drips to the heavens 
to feed the stars and moon tonight

oh the dance the dance
    doubting and       unbounded
    exposed                     and embraced
    alone            and together

feet and hands gripping gravity in 
the balance
and the off-balance
our   bodies  making  the    windows    applaud
and  the wallpaper   blush
            but we do not care 
our toes chart new maps over the floor
our hips pulse swaying hallelujahs into the walls
our hearts leap beyond the ends of our bodies

even though something splutters and fumbles and 
falls and trips 
something gets loosed
something gets stripped
something gets clear

that is why i keep coming back - 
to leap without calculation
and to land with exaltation

          when the dance comes to an end
         we lift our heads
            and     see      our       souls      spreadeagled
        under the full moon

oh let us kiss our earth
let us kiss our limbs
and the dance will keep coming back

Wednesday, 24 September 2025

dis genoeg gevra van 'n gedig

ek het jare terug geskryf oor hoe ek wag vir

die Groot Gedig om sy verskyning te maak
 - en ek wag nog steeds!

nou wat ek terugdink aan daai gedig  
besef ek wel hoeveel klein Grootmoedige Gedigte 
ek sedertdien geskryf het
verse wat nie noodwendig sosiale, ekologiese
en politiese grense verskuif nie
maar verse wat wel vonke in my murg skiet

die Groot Gedig mag my nog ontwyk
maar vir nou skaar ek my by my klein Groothartige Verse
met hulle in my mond
word my voeteval
verkwik met 'n waaghalsige elegansie

- en dis genoeg gevra van 'n gedig
 - groot of klein!

Monday, 22 September 2025

wildelicious

my tongue's imagination enters your mouth
and arches down the inside of your spine
fro-licking around every vertebra
tasting each sexy sinew
my eyes and hands thrill with
the exploration of your buoyancy
but oh it is my tongue that wishes
to sweep unbridled over your back
yearning to trace your animalustre
and swallow a single syllable
of your wildeliciousness

Wednesday, 17 September 2025

wanneer ek dans

wanneer ek dans
glip my siel uit my tone
en word so sigbaar en tasbaar
soos 'n ver-rykende boom

kom staan onder my arms
se skarnierende skaduwees

die toorkrag begin't vonk
die winde pirouette
hulle warm poele
oor my wange en kuite

my dansende lyf is
rinkinkende ligkolle
wat geruisloos deur
die strak gesig van die straat kolk

Saturday, 13 September 2025

tangos en hiërogliewe

soos 'n ondurige tango
ruk die winde die lug heen en weer
die wolke tol soos tientalle voete in
die ontstuimige dans
met sikloniese onwrikbaarheid
span die winde hulle kuite
en sny met beslissende ritmika
hygende hiërogliewe teen
die skynmuur van
ons verbeelding

Wednesday, 27 August 2025

Dance prayer

Our Dance who art always on our doorstep
Blessed and welcome be thy unfolding.
Thy hips sway.
Thy rhythm be felt, in the body as it is in the spirit
Give us today our weekly Tuesday dance
Forgive us that we forget how to jive and shimmy,
As we forgive those who do not even want to lift a finger
Lead us not into stagnation, procrastination and any other confining nation
And deliver us from frustration, hesitation and ice-olation
For the Dance is the Medicine, the Stirrer, the Awakener and the Liberator
Forever and Ever
Amen!

Thursday, 31 July 2025

soms

soms, tog soms
kry ek nog so oomblik van oorstelp
waar my nek en keel uitspan met 
'n vlietende uitbundigheid
vanoggend was so  vlietende somse oomblik -
toe voel dit asof al my voorouers en al die kunstenaars
hier deur my keelbande wil losbreek

ja soms, tog soms 
word ek oortref met iets groters as ekself

en dan draai ek om
en trap ek weer in my bekende lara-spoor

maar iets bly gloei in my nekspiere
iets helder bly agter

Thursday, 22 May 2025

Hoendertande

Een van my klavierstudente se mammas het gevra of ek vir hom 'n gedig kan skryf wat hy tydens die skool se Eisteddfod kan voordra. Hier is dit. 
(Ek is so trots om te rapporteer dat Michael goud en baie positiewe kommentaar gekry het vir sy voordrag). 

Hoendertande

Goeie dag Liewe Luisteraars
ek wil julle voorberei:
Wat julle hier gaan sien
is soos hoendertande – baie skaars:
‘n 10-jarige seuntjie van Mossie straat
wat veel meer ‘n tennis toernooi wil speel
staan nou hier om ‘n gedig met julle te deel

Ek het geen net of rakket om my te beskerm
HELP! Ek kry ‘n knoop in my tong en my derm
Waar is my groen balle wanneer ek hulle nodig het?!
Net een enkele klein gedig in my mond
om my van julle starende oë te red!

Ek is darem nou al in die middel van die vers
Ek hoef nie meer op my tande te kners
Ek begin van hierdie rym te hou -
dit is soos om op tjoklits te kou

Al jaag my asem en word my wange rooi
is dit so lekker om woorde oor die net van my tong te gooi
Ek hoor al hoe die skare gaan juig
wanneer ek aan die einde vir almal gaan buig

Nee! Hoe het ek so gou by die einde gekom!?
My maag het nog nie eens begin brom

Liewe Luisteraars – luister nou mooi
Ek het julle gewaarsku wat julle hier gaan sien
is soos hoendertande – baie skaars
Hierdie 10-jarige seuntjie van Mossie straat
wat so graag tennis toernooie speel
wil nou meer en meer gedigte met die wêreld deel

Saturday, 1 March 2025

let me fall asleep amongst the flowers

let me fall asleep amongst the flowers
my head nestled between the velvet leaves of the proteas
my ribs finding a cradle in the soft moist earth
my ankles flying with the spritely flowers of the butterfly bush
my eyes getting lost in the purple hearts of the pelargonium
caress my cheeks with the pillowiness of the clusters of hydrangeas
tickle my nose with the tinkling bunches of wisterias
sing my restless thighs to sleep
with the soft humming of the pincushions

oh sleep is sweetest amongst the flowers
slip a beaming yellow hibiscus behind my ear
while my lips tremor its last wakefulness
against the petals of the wild rose

      the flowers will flower 
      because they know not what else to do!
      the girl will fall asleep amongst the flowers 
      because there is no better place

Friday, 28 February 2025

Big Mouths

it is heartbreaking how the Big Mouths
hold power in this world
i’d rather join the ranks of the sunshine
to anchor my sanity
i invite the geranium and the guinea fowl
to have picnic with me in my garden

(one of my first poems written in Lockdown 2020; I recently translated it into English)

Thursday, 27 February 2025

kniel die son

kniel die son in
die palm van my hand
hy sê dankie vir 
hierdie oophandige gebaar
wat hom so sag 
ontvang en omvou

Wednesday, 26 February 2025

my huis staan reg hier

ek voel my skrywery is so aan die lewe
daar is 'n vibrancy,
'n onhuiwerigheid,
'n voortgriffelende openbarigheid
ek skryf sonder daai huilerigheid
daai vrees, daai twyfel
ek skryf nie omdat dit goed of sleg is nie
of mense dit gaan lees of nie of
gaan goed-of afkeur nie 
ek skryf dood-een-voud-dig-lik
omdat dit FOKKIN lekker is!
ek wil nie brei, ek wil nie koekbak
ek wil nie mure bou, ek wil nie toilette regmaak,
ek wil nie trokke bestuur, ek wil nie byeneste aanhou
ek wil nie verf of teken 
ek wil nie wegkruip of weghardloop
ek wil skryf skryf SKRYF:
my heenkome 
wat eenvoudig vloei uit die punt van my potlood
ahhh ek huil nou sommer - 
my huis staan reg hier tussen potlood en papier
nou sal jy soet slaap, skat-Lara

Tuesday, 25 February 2025

komaan Lara 2024 is lankal verby!

is ek nou binne die 5 van 2025?
die 5 voel nog so vreemd onder my potlood

oefen nou Lara:
ek wil en moet meer gemaklik en 
teenwoordig word met hierdie 5
5 5 5 5 5 5 5 5
 5   5   5   5   5   5
5 5   5 5  5555  5555  5 5 555    555 
5

nee! dis 'n ongemaklike gekrappery!
wat 'n onelegante vetpensnommer
moet ek myself maar oorgee aan 
die lompheid van hierdie jaargetal?

ahhh ek het so baie van 2024 gehou as 'n getal en 'n jaar
 - dit kan nie oor en verby wees nie?!

komaan Lara 2024 is lankal verby!
span jou kreatiwiteit vingers en tone in
om hierdie 5 met vollywige selfvertroue en 
feestelikheid in te kleur:
komaan: doen dit more eerste ding:
vat soveel moontlik kleurpotlode en 
griffel en dans 
daai f*kkin 5 vaartbelyn en 
swierig aan die lewe!

Thursday, 13 February 2025

smelling-the-low-lying-tiny-flowers-pose

      for Fiona

the little flowers growing closest to the ground
are the best yoga teachers in the world!
effortlessly they succeed
to get me to crouch down on all fours

without word or gesture
i am guided to
press my knees against the earth
bend my head forward
open palms gently to push aside the grasses
and get as close a look at the teensy-weensy flowers
and it does not end there!
my head is pulled even further 
to stick my nose right into their little faces
i have to see if they smell of anything

as i said:
the little flowers growing closest to the ground
are the best yoga teachers in the world!

Wednesday, 12 February 2025

in sy oë

             dit is koud vanaand in kaapstad
die bedelaar soek 'n stuk warmte in
sy kartonbed
sy mond is hard soos
die betonmure
wat oral
om
hom
oprys
maar in sy oë
sien ek iets van sy siel skyn soos
'n perdeblom wat
deur
die krake
breek

Tuesday, 11 February 2025

klok

my hart trek
in die vorm van
‘n klok

ek prewel ‘n gebed
mag ons nie lui raak met liefde en
nooit die noodsaak van die skeppingsdaad minag

ek begin lui van diep binne my bors
dit tril en ril deur al my spiere totdat my lyf
opstyg en beier die wye lug in

       word wakker wêreld, word wakker!
       die nuwe dag breek aan soos ‘n swael-seisoen
       in vlug na die reuk van somer

Monday, 10 February 2025

in die grond en blom skyn die hoop

En so het sy opgestaan uit die blomme-velde,
'n besete vrou gevul met drome van die aarde se diepe waters
so doen sy haar daaglikse pligte met grond onder haar naels,
borduur sy die lande aan een met die stingels van blomme
sy is alleen, net sy en haar tien vingers,
soms van haar kop af, maar altyd geheg aan haar hart en haar blomtuin
sy is deels vrou, deels aarde, deels blom

hoor hoe haar stem deur die blom-woude breek!
kyk hoe sy haar menswees bevry
deur met grond en blom liefde te maak
in grond en blom skyn die hoop
wat nog by ons mense spook

sy het vele sonkoper velde ontdek langs die kusste
het hul gevul met voetspore vol ryp wense
die dou lek sy vroeg-oggend van die lelie-blare
vee haar wange met die sagte son wat deur die struike breek
sing sy alomheen die liedere wat resonant oor die vlaktes aanrol
'n vrou soos hierdie mag nie stil bly!

hoor hoe haar stem deur die blom-woude breek!
kyk hoe sy haar menswees bevry
deur met grond en blom liefde te maak
in grond en blom skyn die hoop
wat nog by ons mense spook

dit is daar waar sy wil wees
daar waar blomme vry, wild en helder kan bloei
waar grond diep gegtrap kan word
waar groen, geel, oranje, pers en rooi
rys uit modder en 'n nuwe wêreld aanbreek
ja, dit is daar waar sy wil wees
daar waar haar siel saam resoneer met die seismiese aardskuiwings
wat tril met die geboorte van elke nuwe blom
daar waar grond haar die ritme van wind en water leer
haar leer hoe om haar vel ten volle te voel
soos wat net 'n blom kan voel
blom sing haar lyf uit elke hoek en porie
tril die vrugbaarheid regdeur haar voetsole
trap sy versigtig want blomtyd is 'n vlugtige en delikate seisoen
en tog dans sy diep, hard en vinnig omdat blomtyd uitbundig en grensloos is

hoor hoe haar stem deur die blom-woude breek!
kyk hoe sy haar menswees bevry
deur met grond en blom liefde te maak
in grond en blom skyn die hoop
wat nog by ons mense spook

grond is bly om te voel hoe diep vrou haar spoor trap
blom is bly om te sien hoe passievol sy deur die vreugde van kleur kan stap
sy druk haar lippe en bors ferm teen die aarde
voel die vibrasie van die magtige minerale groei
wat stoot en rys deur wortel en blaar
hoe lank het sy vir hierdie blomtyd gewag!
nóú is dit hier en blom sy saam met een hemelse vrugbare krag

Sunday, 9 February 2025

ek kan nie wegkyk

proteas loer uit
hulle donker oë oor
die hange
die fluweel ooghare
flikker
oor die velde

ek kan nie wegkyk
die uitlokking is
onweerstaanbaar

Saturday, 8 February 2025

oopblom

ek stoot my bors uit
gooi my kop agteroor
met 'n mond wat laggend
al my werwels soos 'n wisteria
laat oopblom die wye wêreld in!

Thursday, 30 January 2025

stil lewe

ek het weer so siek geword in my longe
slapelose nagte
verstarde en moeë dae
bolyf en borskas so seer

vandag so laagtepunt bereik
geen fisieke of kop krag

ek sien niks veel raak nie
ek is in so sieke dwaal
dit wat ek wel sien lyk faal

       maar 
daar was 
een     enkele 
objek
wat my aandag verwonderd vasgehou het:

' n leë 
consol
glas  pot

die manier hoe sy net daar so     geruisloos
in die oggendlig staan en      blink in 
haar glassigste     glassigheid

ek sit op die vloer en bly kyk en kyk na haar
'n eenvoudige glas pot

ek hoef nie eens aan haar te vat nie
sy is werkliker as werklik
meer betroubaar as my hart en my kop
sy die hoopvolste stil lewe in 
my bestaan vandag

die poëtiese misterie:
hoe verruk ek staan teenoor 
hierdie 
      harde 
             helder 
                    deursigtige
passieloosheid van glas
 

Thursday, 23 January 2025

vat my huistoe

ek raak naar van hierdie heletyd 
in my kop, in my eie geselskap te wees
ek begeer 'n liefwees sonder entanglement
'n liefde waar ek nie so vervreemd
en alleen voel nie
wanneer en vanwaar het ek geleer om so te voel
wanneer ek deeply invested in iemand word?
ek soek iemand wie my kan wegtoor
van my en sy koppe
iemand in wie se omhelsing
ek vry en heel myself kan invou
en net waar aan myself bly en nie verlore raak
so diep gehuld en veilig en geliefd voel
nie bedreig en jaloers en geintimideer nie
iemand wie myself laat vind en wees
iemand met wie ek saam 'n heenkome
vir my verwese hart kan opbou
iemand wie weet waarnatoe
om my te vat wanneer ek vra:
vat my huistoe

ek kan nie help dat ek tans so huisloos
dakloos en deurloos 
vensterloos en grondloos voel nie
ek soek iemand wie my nie afskeep verveel frustreer nie
iemand wie die klokke in my hart sal laat lui
iemand wie my hoekigheid, my onblusbare hande, my alleenlyf 
sal koester, bewonder en versag
ek soek iemand waar ek myself sorgloos en vreesloos kan invou
die hunkering na hartsgemak bly my sielsore tuit
ek is so goed geolie daarin om met myself huis te hou
maar ek wil weer leer en versag om spasie te deel
nie noodwendig elke dag, heel week, maand in en maand uit
watter praktiese hartsomhulde oplossing is daar?

Wednesday, 22 January 2025

net so is dit verby

net so is dit verby
net so breek die hart
net so word die lyf verkoue
net so knak die gemoed

maar net so staan sy op
gefokkinolie in hierdie meedoënlose rivier
genaamd lewe
onteensegbare waarheid dat lewe op haar manier balans soek

die week pluk sy honderde hase uit allerlei hoedens
weet nie waar kry sy die reserwes
haar vingers het so baie klaviermusiek om gereed te hê voor 15 februarie
die emosies en stresvlakke het deur die dakke geskiet

teen die brainfog
teen die weenklaag
teen die siekte
teen die alewige gehoes
teen die snydende kopseer
teen die baie stemme
staan sy op
sy dog sy was superwoman toe sy in haar blomseisoen was
maar fokkit sy is meer as superwoman nou wat sy
deur modder moet waad
viva lara viva die hart sal nie versaak!

Wednesday, 15 January 2025

ag nee, geitjies sterf ook

ek maak my venster oop
en op die vensterbank val
'n piepklein geitjie
                        gekwes

hy het seker in 'n gleufie skuiling gevind
en toe ek hierdie oomblik kies
om die venster oop te maak
                        knyp 
die raam deur
sy dun lyfie
etlike lewenstrillings flits deur sy selle
en skielik net so stil
net so             
                       dood

sy lyfie so weerloos en klein
my skrik so bitter en groot
alle klammigheid in my mond verdwyn
my oë dartel wild oor die kortstondige lewensboog
waarin hierdie brose wesentjie in 
hierdie klein hoekie 
van die aardbol gestraal het

'n halfuur later kom ek terug 
om seker te maak die geitjie is nog daar
en dalk wonderbaarlik weer opgestaan het

                       maar nee
'n hele spul reuse miere
oortrek sy lyfie en
                       verlustig 
hulself aan alles wat
hom eens laat beweeg het

die skok trek my platter
hoe gou so polsende kleinood
                     oplos tot in 
die onpolsende 
                       niet

Tuesday, 14 January 2025

voor die begin was die soen

jy soen my omdat
ek jou soen
omdat jy my soen
omdat ek jou
soen omdat jy
my soen
omdat
ek jou soen
totdat ons nie weet
wie het die soen begin soen
en aan die begin
was die soen die begin van die begin van die soen
is die begin van die einde
want hoe lank kan die ek
die jy
begin soen
voordat die jy
begin om terug te soen
en dan voor ons ons oë uitvee
is ons op die punte van ons lippe
en die soene val om ons neer
en verdrink in die beginne van al ons soene
want daar is 'n vloed van beginne wat wag 
vir die begin van die soen en 
dis altyd begin van voor af
dis altyd soen van voor die begin
en die begin is so geduldig vir die begin van
die soen maar hoe meer beginne 
hoe meer word die honger
en ons is van vooraf weer honger
want hoekom raak ons honger soos
aan die begin wanneer die begin so honger wag
om weer te begin soen

Friday, 10 January 2025

thoughts

There will always be some estrangement, alienation, lostness, confusion, distance, fragmentation, misunderstanding in bonding togetherness

Yes it is inevitable that we shall see, desire and imaginate kinship. We shall search out the shared interests, energies, resonances and harmonies.

We shall try very hard to negate the disharmonies, the dislikes, the misalignments

Are we ultimately islands broken away from the continent

Where was our original shared continent?

Were we ever one before?

One common human?

Not all these differentiated articulated independent unique eccentric crazy hungry needy individualists

Our egos wanting to hear their own voice and rise up in their own power

We have asked for our alienation

We are the cause of the fragmentation and the severing from each other

We shall always remain foreign

and strangers in this motley humanity

Ah and the mind, the hormones, the seasons, the moods keep playing tricks

with our perceptions and emotions

In our closeness we have become so alone

In our separateness we have become so united


Wednesday, 8 January 2025

i love it how a poem can be

i love it how a poem can be 
a story
a dialogue
an observation
a comedy
a description
a song
a manifesto
a changer of mind
a feather-ruffler
a memory
a travelogue
a love declaration
the enlightening of the mundane
a glimpse into a stranger's brain
awkwardly self-deprecating
an inspiration
a ditty
an embarrassment
a venting
a cry for help
a moment to breathe

Monday, 6 January 2025

the belief and the mistrust

with an inbreath
poetry creates the belief in the infinite expression
and with the outbreath
the poetry staggers with the exasperated mistrust 
in its limitations

Saturday, 4 January 2025

choose

what would you choose?

feeling alive and elated

inside a fiction

or 

feeling numb and pathetic 

inside a stark reality?


Jagter, jagter

Jagter, jagter
vang my as jy kan
sny my keel af
tap my bloed uit in jou emmer
kerf my in eetbare snitte op
gooi my pels oor die drumpel van jou deur
hang my skedel teen jou muur
moenie probeer my grimas wegdruk of vervorm nie
ek sal vir jou bly oopbekglimlag
totdat jy eendag self langs my
teen die muur hang

* * *

Jagter, jagter
kwes my met jou koeëls
ek wil weer en weer 
daai wrang smaak van verwondering teen my verhemelte proe
gee my geen ander gevoel
as bloed wat uit my eie liggaam loop
daai ontstollende oomblik
verruklik lewendig
voordat die wegkwyning insypel
en die bloed vervang word
met die starre dood

* * *

Jagter, jagter
kom vang my in jou net
ek sal skop en ruk en
byt en spoeg
maar die struweling sal nie plat gaan lê
jy sal my dra na jou grot
die opstandigheid in my tong
sal nog af en toe bly flikker
stukkies van my sal met tyd
in die droë are van die aarde wegsyfer

my gees sal in die klippe gaan klouter


* * *

Jagter, jagter
kom tel my op
druk my in jou hand
vryf my oor jou slape
jy sal dink dis klip
wat snydende gewig teen jou lê
maar dis my tonglem
wat nog wild flikker
en nie sal lê
totdat sy in die wonderholte
van haar mond haar tuiskoms weer vind

* * *

Jagter, jagter
jy hoef nie jou geweer op my te rig nie
kwes my eerder met die koeëls van jou oë
mmm, my wonde bloei verruklik
ek gooi my arms hoog soos fonteine