Wednesday 7 August 2013

vir die onthalwe van nie verstaan

vir die onthalwe van nie verstaan
voel ek woorde aan jou
trap ek die verhoog met my lyf

tou draai ek om my hande
drink uit leё koppies woorde
speld veiligheidspelde aan 'n swart hemp

sit voor 'n sonhelder sak vol nartjies
skil een na die ander se ronde koppe af
om die soetsappige vlees teen my honger tong te lê

vlos ek my tande sodat jy my mond kan aanskou
borsel ek my hare om die borsel te herhaar
lees ek uit 'n boek met wit blaaie in persies geskryf 

stapel ek klippe op in 'n wankel hoop
gaan sit ek langs die ou man met die wynglas
wat hoop ek kom sit nie langs hom nie

die alleen druppel rooiwyn lê sy fossiel-lyf
teen die holte van die glas
tilt dit na my mond en proe gis en stof

vingers van sop lek my tong
bodem van bord val op my spoeg
die roosmaryn stik die brood

die mond van die tygerberge tuur soos 'n grot
my tong troos ek met druiwe
dood gekook in suiker

die vrou wat jou afloer uit haar donker oё
groet my met haar lyf
die kop van my regter skouer ruik na jasmyn

2 comments: