Tuesday 29 October 2013

sy het die amasone in haar lyf

haar are pomp met die slingerende sissings van boomslange
haar vel tril met die dartelende vinne van piranhas
haar keel rinkhals met die stuwing van 'n ryp penis

al wat sy nou nog soek is die woud-koors
wat haar sal laat tol in swetsende spasmas
haar mond sal laat skuim met wier en mos
en haar lyf sal oopbreek sodat
haar skelet val soos dolosse
wat die lot van hierdie wilde wese sal spel


No comments:

Post a Comment