Saturday 15 July 2017

skryf myself disnis

skryf myself disnis
sodat ek die afgrond asook
die opgrond in kan rol
kolk myself tot binne-in
die kernste van die woordkern
dat ek moerwarm in die smeltkroes
kan borrel en sidder
sonder sien of hoor
die woordste van woorde
so lewend kan voel

ek hou dié pit tussen my wysvinger
en duim
beloer dit van alle kante

wanneer die lig deur 
die 
fasette 
pyl
sal die strale
die waaragtigste waarheid 
in
my selle 
oop 
en 
vry 
breek

No comments:

Post a Comment