Friday, 31 May 2019

Shall I compare thee to the Bard's best rhyme?

It has been quite a while since I wrote a parody. Here one I just penned - based on the famous Sonnet no. 8 by Shakespeare:

Shall I compare thee to the Bard's best rhyme?
Thou art less iambic and even less contained:
Certain verses grow heavy over the course of time,
And rhythmic metres art all too restrained:

Sometime too blunt the blade of the metaphor cuts,
And often is his bold intention deflated;
And every line so vacuously flaunts and struts,
By will, or poet's flawed ego, fated:

But thy wordless silence shall not wane,
Nor lose composure of the still breath thou inhal'st;
Nor shall Noise drag thou into his clamorous terrain
When unbounded Quiet thou still do crav’st:

So long as minds can strive for soundless peace,
And let these words dissolve; all restlessness will cease.

And here the original -


Sonnet VIII
- Shakespeare

Shall I compare thee to a summer’s day?
Thou art more lovely and more temperate:
Rough winds do shake the darling buds of May,
And summer’s lease hath all too short a date:

Sometime too hot the eye of heaven shines,
And often is his gold complexion dimmed;
And every fair from fair sometime declines,
By chance, or nature’s changing course, untrimmed:

But thy eternal summer shall not fade,
Nor lose possession of that fair thou ow’st;
Nor shall Death brag thou wander’st in his shade
When in eternal lines to time thou grow’st:

So long as men can breathe or eyes can see,
So long lives this, and this gives life to thee.

Tuesday, 28 May 2019

soos 'n kat

ek rangskik my lyf soos ‘n kat
onder jou hande
my vel gedurig opsoek
na jou aanraking


Wednesday, 15 May 2019

die bloeiende pers tonge

die bloeiende pers tonge van die buddleja salviifolia rinkink teen die hange
ek vergeet die sjambolika van my tye
ek kom sit en asem ink-sugte uit oor die papier

die middernagtelike komplotte om transendentale strewes te koester
gee my siel vastrapplek in die konundromiese penaries 
wat alewig kapperjolle speel in die solders van my sintuie

ek sit pens en pootjies in die middel van die sillabes
wil weer soos 'n kind sorgvry klieder en kruip 
en klouter met al wat nuut en wondertorend is

die tugmeester binne my wil gedurig dinge korrigeer
so venynig hierdie gewoontes van haar
en so versot om my as haar pak-esel toe te snou 

ek keer elke keer terug na die blues van laerskool-herinneringe
hoe ek my moontlike genietinge so dikwels in parentese sit
hoekom verkrag ek die oomblik met verstoppende onmin?!

ek begeer om soos die xmen bomenslike kragte te kan uitvoer
pomp adamantium in my are
beskerm my teen die uitmergeling en aanstootlikheid

Saturday, 11 May 2019

verwarreling

uit hierdie wilde wind wil ek ontvlug
en myself in jou arms toedig
die verwarreling in die woesteny
van 'n hart wat enige oomblik
my kan laat staan of laat vlieg...
en tog kies dit meer kere die vlieg
want wie wil die vlerke toevou as
die soete lug aan die skouers gaan bly klou?

Friday, 3 May 2019

ekosisteem

soos klippe op die grond
pak ek my woorde uit
dat wanneer ek hulle
na maande weer gaan optel
‘n hele ekosisteem onder hulle uitbroei

Saturday, 27 April 2019

too little or too much confidence

too little or too much confidence
challenge our mortal bones
that without shelter
will not survive

imagine
without sleep
we could not evolve
into the brightly instinctive beings
we are today
- it energises our curiosity

may our ancestors and 
descendants keep the hunger
from our selfish cells

oh the I is so acutely listening to 
all the tongues gathering in the togetherosity
leaving every moment 
to perfect the imperfections

remember not to drown in dutifulness
make time to float on
the cloud
of your well-deserved wisdom

Wednesday, 24 April 2019

inkrul

inkrul in die teddiebeerhitte kom vind ek paar metafore 
wat my oggendtee sal wees en my tongkop sal verkwik 
ek haal diep asem sodat die suising in my ore sal bedaar 
en ek nie na die dowe toekoms hoef uit te sien nie 

ek hoor tibetaanse bakklanke is 
die beste geweer om tinnitus te keer 
dan begin ek sommer dadelik - nooi die singende bakke -
dit gee my rillingvel 

ek soek voortdurend die rillings 
dit is vir my die salwendste ding 
ril tot in die murgkern 
laat ek tril en ril tot in ewigheid 

maar voor ek agteroor lê moet ek my tongkop trein 
om uit haar hoekigheid te dink 
digter behoort met nugter en onnugterheid 
asemrowendheid te toor 

die dreun van die wiele hier op jeffreysbaai se strate 
wakker die angstigheid aan
rol die aand se reën met waaierende flirtasies oor die teer 
ouma rika, coreen en haar vyfmaande maelan slaap in die hierlangsekamer 

ek probeer om diep te asem en my hoesbors stil te hou 
die vredelike stilte is net te goed om te steur 
watter gedig sal ek hulle hierdie keer skryf? 
ek moet hulle epileptiese kat se naam inkanteer.. dit toor dalk iets op

die alewige wegvlug van rook en hoes
ek wonder hoe gaan ek hierdie gedig aanmekaar weef 
die gare moet jeffreysbaai se reën wees 
en die doek is ouma-grootjie se bonte laslappiekomberse 

die lig wat ek gaan nodig hê om my skryfwerk te sien 
is heldergeverfde leë plêstiek coke-bottels  
vir so bietjie naelbyt gaan krap ek in coreen se stephen king boeke 
om so bietjie ouderdomsbeperkende edge te gee 

wie glo in ouderdomsbeperking?! 
ons is vatbaar vir enige skokeffek tot 
in die lengte van ons dae 
moenie dink mens word ooit oud, wys of onskokbaar nie 

ek gaan snuffel in die koffiepot en 
bespiegel oor die betekenis van die lewe 
alweer gooi julle die deur oop 
daisies en hulle mamsters kan kom intrek

diep

ek het so diep gedink
dat ek aan die vernederende kant 
van vlakheid beland het

Thursday, 18 April 2019

murg-werklikheid

ek wil hierdie oomblik
my murg-werklikheid verruil vir 
die liggaamlose vlietendheid van skaduwees
en die stramheid van my rug verkwansel vir
die vryvoetige spore op die sand
maak my rugstring vry van hierdie gewigtigheid
wat haar heeltyd afrem

meer as om 'n vry fokkin vrou te wees
wil ek 'n vry fokkin rug hê

Wednesday, 3 April 2019

only the syllables of my tongue

i do not need petrol
metals coal
hammers nails
pipes or cement

only the syllables of my tongue
that have shaped over 
centuries and continents
to land right here in my mouth

i do not need anything more
my mouth is my factory and my trading post

the crane of my tongue
the pliable walls of my cheeks
the grinders of my teeth
the exhaust of my throat
the ventilation of my nose
and the proud arch of my palate
that oversees the whole pulsing production line

no greater poet’s joy!
with only this one mouth
i make my world come alive

Monday, 1 April 2019

trekkrag

‘n mens dink dat om te skep 
– woord, beeld, klank –
is om met vloei
en harmonie
te werk

maar die waarlike impuls
– die  dryfkrag vir die skepping –
is om ‘n weerstand te genereer
‘n wrywing, ‘n konflik met realiteit
‘n stoeiery met banaliteit
‘n worsteling met normaliteit
‘n weersin in gryse een-dimensionaliteit

kreatiwiteit gly nie net uit die staanspoor
dit moet trekkrag hê:
vassuigend, vasstekend
vas geanker in ‘n hittige halsstarrigheid 

Tuesday, 26 March 2019

die tee-gedig

met tee-tyd besluit ek om ‘n tee-gedig te skryf
dit sal die toonaangewer wees vir die res van die dag
daar sal skaars ‘n ander tee-tyd homself aanmeld
vir hierdie geleentheid
moet nie jou tyd met die tee te na kom nie
pluk blaartjies tiemie en gooi dit om jou territoriale grense
die tessitura van jou stem sal verstaan word
en die tannetrekkers sal uit jou pad bly

hierdie tee-tyd is daar nie tyd vir tierlantyntjies nie
die verse sal met terrasdinamiek die energie so dramaties
vasvang dat die toffie-appels die tande sal laat kraak
tevergeefs hou jy die trajek dop
die tierlelies sal blom ondanks ons weer-voorspellinge
ag hoe lekker om ‘n topografies-interessante gedig te skryf
hoog- en laaglande sal baatvind by 
die verskeidenheid temperamente

ek loop tastend deur die tapioca-poeding 
wat hulle opdis by die tee
die teefhond wat by my voete lê jaag 
die kleine toppies uit die druiwe-prieël
ek dink skielik aan tirolie in switserland 
soos wat ek nou hier tussen al die tee-goed staan
die toast met tamaties word op skinkborde 
deur rye honger monde ingehuppel
ek bly neurie op die tonika van c in
die gevoelvolle en gepaste teneramente styl

in die hand van ‘n troebadoer is ‘n tamboeryn 
waarop ‘n tamaai tameletjie ingewals word
aaijaaijaai, die tragikomedie van hierdie soet tye
dinge raak net soeter
nie maerder of beter of gelukkiger
die tarentaal word ingekatrol oor die grondpad
hulle lyk soos spykers wat uit dakke lostrek
hulle tjirre gille breek deur my timpanum
die stof trek opwaarts in ‘n tregterende tornado 
oor toring en trekboer

terwyl die trigonometrie die graad twaalf kind ontwyk
voel die juffrou hoe die dors haar tande styf trek
sy probeer hard om met behulp
van taktiele taktieke
die volgende tee-tyd om tien
nader te roep

Wednesday, 20 February 2019

The Cross Roads IX

And on the hottest day at the Cross Roads the Loner shows uncharacteristic concern
for the whereabouts of the Anarchist. “It has been three days now that I have not heard or seen that Anarchist” as he wipes the streams of sweat off his brow.
The Loner peers into the trembling shimmering of the plains.
“Today is not the day to be out in this inclement sun” scowls the Cave-Dweller.
“What can he be up to?”
With an explosive vindictiveness the Prehistoric Postal Agent bursts out “I have heard that he is looking for his own cool cave. Seeing that you have appropriated the cave for yourself, no one else has such a refreshing time in these sweltering days as you!”
The Cave-Dweller clearly taken by utter surprise at this new news, replies “This is the first I hear of an interest in my cave. If there was anyone who would have vocalised his desire to share the cave with me, I would have offered. People forget there is language to communicate these desires with.”
As the Prehistoric Postal Agent started retorting, the Carillon sounds a discordant cord that pierces through everyone’s teeth. “Oh no, this heat is making my bells play up! I can not stand these high temperatures anymore!”
The Prehistoric Postal Agent still clinging onto his retort grabs his chance and blurts out “See, now is your chance, Mister Pro-Communicative Cave-Dweller, that you should offer the cool chambers of your cave to Madame Carillon.”
Instead of being provoked, as is usually the case, the Cave-Dweller utters a response that stupefies the Cross Roads into the longest silence it has ever heard. “Please, do move into my Cave, Madame. Mi casa es su casa.” This he pronounced with such unaffected sincerity that even the Carillon could not chime for a good part of that sizzling afternoon.
The Loner has taken off his shirt and shoes and started to climb to the top of the overhang of trees. With such intensity of concentrated eyes, he peers all over the plains. “We have to find the Anarchist – he can not miss out on this opportunity to witness the Cave-Dweller’s uncharacteristic hospitality.”
From under the scant little shadow of the cairn of stones the mumbling of the Wretch could be heard.
“Speak up boy!” the Prehistoric Postal Agent shouts out to the Wretch.
Only more mumbling could be heard, this time with a more throaty quality.
“I fear he might be suffering from sunstroke?” pipes in the Loner. “We should move him into the New Hospitable Atmosphere of the Cave.”
The Prehistoric Postal Agent always deeming himself as the carrier of parcels, thought that the carrying of a person will not be out of place in this new and exciting chain of events. He aimed straight for the cairn of stones.
As the Prehistoric Postal Agent drew closer to the Wretch, the cairn of stones started toppling. “Do not come any closer!” the gruff voice of the Anarchist could be heard from the interior of the cairn. The Wretch, completely debilitated, uttered with great effort “I told you not to worry about me. But you didn’t hear. Three days ago the Anarchist has made his home in the confines of the cairn. He asked me to be his gatekeeper and not to let anyone in.”

Thursday, 1 November 2018

die gekartelde wensdenkery

die gekartelde wensdenkery laat die vel jeuk
van ongeduldige komeet-stert-sparteling
wie het lus om nors te wees as daar soveel druppels
oor die aarde galop?
mense is maar net aspris om die euforie te besmet
met hulle gladdebek verskonings

die kraai verspil sy gesteelde juwele in die wind
oral spring vingers die lug in
en gryp gryp gryp
en met aandete word daar gekloek om die
glibberige vondse wat net nie wil tuisvoel in die hande nie

voel die kastaiing ooit voltooid in sy mildelike
groei van pienk bloeisels?
hoekom vra ons dit van natuur –
om iets te voel?
die kompanjie van ons maplotter-koppe
dink en voel onsself gedurig binne-in die van ander
ag ek moet seker meer simpatiek wees
want is dit nie wat ons soek nie –
meer barmhartigheid?

die gepantserde beslissings smee met akkurate fokus
al die kosbare metale tot een verboureerde leermag
hoekom word hierdie aksies alewig bekroon en nageboots?
ek kan net kners op my tande
en hoop al hierdie sjambolika bedaar
in die harte van die onstuimige kansvatters

deur die glaserige oë van die skilpad sien ek
die heliks van ons tyd
spin en spin en spin
mag die spin sy rigting verander
die ongurigheid uitsif en
die skurwe psige skoon spin

deur dit alles word die reisbiljette
in miljoene kopieë nogsteeds uitgedruk by die drukkers
en wee o wee die vliegtuie probeer hard
om die globalisasie vasgegom te hou

die selekant kom skril uit die donker tonnels van
ons verlede gegil
hoe imposant moet die wêreld vir hom nou lyk
wanneer is dit klaarpraat met die verwaande oortuigings
wat so selfvoldaan oor die landskap slenter?

maar die slange sal bly vervel en  
krul van plesier
sekere ritmes ken nie belemmering en kniehaltering
dit sal bly pols en sis en stoom
al is die bastion van ons taal al so uitgetrap deur
die wilsmoedige tonge
bly praat
sal ons bly praat
en bly skryf
sal ons bly skryf
die strewe om aan ‘n doelgerigte skepping
geboorte te gee
is nie te versmaaie nie

Saturday, 27 October 2018

olfaktoriese plesiere

            vir Paul & Glenn

ek hou elk van julle persente

wiegend in die holte van my hand
en druk elkeen styf teen my neus

die skil van die meyer suurlemoen krap ek oop met my naels 

en ruik die soele aroma breek deur 
die selle van hierdie geel wonderwerk

ek spuit die clarins parfuum op my voorarm 
en raak in 'n beswyming van 
die sag-soete blommereuke

die chinese porselein koppie laat ek klingel met genot

ek laat my neus diep verdrink in die blou blom-patrone
ruik ek meesterlike vakmanshande deur die koue glas 

en laaste maar nie die minste is die tuisgebakte rogbrood

keurig gegeur met karwysaad wat my op 'n verbeeldingstog 
wegvoer na diepnat en donker duitse woude 

glinster my neusgate van plesier vandag

hoe kan een enkele mens so gelukkig wees om 
so baie wonder-reuke in een dag te ontvang?!

Monday, 8 October 2018

digtatorika

ek smeek digtatorika om my oor te neem
en die eng regering in my kop
omver te werp

ek wil oorweldig word 
deur die grootste magtigste digtator
wie geen ruimte laat vir prosaika
en leëkoppige onbenullighede

ek gee volle toestemming dat
die digtator my liggaam
her-skeleteer
en die nuwe digkuns tot 
in 
my 
murg 
blaas

Saturday, 29 September 2018

groei en rym

in my moegster moegte sal ek 'n gedig skryf
al moet my kop in semi-droomland begin dryf
dis mos 'n kans om in wakker én slaap die fokus te behou
en die skoonheid van die oomblik met 'n pen in die hand te aanskou

mag die kunstenaar nooit sê "ek hardloop uit tyd"
ag nee man, dit is geen woorde van jolyt!
as digter moet jy verse kan maak uit die sekondes van die klok
daar is regtig geen ding wat jou kreatiwiteit sal kan inhok

verbrand die grense in jou kop! breek die slotte oop!
dit is nou die tyd om jou wese tot ongegrendelde essensie te stroop
staan op en swaai jou arms hoog en ver
jou verse sal groei en rym tot die blinkste ster

Tuesday, 25 September 2018

pluk die ryme soos appeliefies


pluk die ryme soos appeliefies uit die bos
ryg hulle soos sonskynige sonne deur die papier
laat die verse stadig en groen groei soos mos
wat jy oor jou honger tong kan gooi nes 'n karos

dit is 'n moerse vertroeteling vir woorde om so mooi te lê
met die berusting dat niemand hulle ooit sal kan ontsê
waaragtig! 'n gedig sal jy nooit kan ontskryf
soos 'n gretige bloeisel kom lê sy in jou lyf

so, bly die ryme pluk soos appeliefies uit die bos
sonder om 'n voet te lig sal die verse jou van engte verlos

Sunday, 23 September 2018

granaat

laat my weggaan op
'n tog ver buite my kop
verby die horison wat
my oë kan sien

kan ek my skedel oopvou
soos 'n granaat 
en die sade van my denke
laat spat en skitter waar hulle wil

Wednesday, 19 September 2018

...en dit is nie by wyse van (surrealistiese) spreke nie

die ewigdurende fantasie om
al die bene in my skelet soos dolosse
uit te strooi oor die grond
en dit weer te herbou tot 
'n splinternuwe vorm

dali en picasso staan opsy!
maak plek vir lara
se Hervorming

Tuesday, 18 September 2018

maak jou oë toe

maak jou oë toe
skryf hierdie beelde op
die binnekant van jou ooglede:
die gesig van jou moeder
die hande van jou vader
die reuk van ryp perskes
die wind op jou voorkop
die son op jou skaamhare
die roosmaryn gepars tussen jou duim en voorvinger
die knetter van vuur in jou ore
die taai streep heuning wat jy van jou voorarm lek

sonder verfkwas, tellie of foonskerm 
het hierdie vers 
lig 
in jou kop
gedig

Saturday, 15 September 2018

maklike eggo's

die kleurling-kele is onapologeties aan
die lewe vanmiddag
skrille sillabes tref die nokke van dakke
die son aanskou alles ongedeerd

die geesdriftige dialoog word al hoe harder

         ek lag in my mou
         ons wit mense se stemme so self-bewus 
         en verstrak met onbenullige inhibisies

hoe vry klink hulle volborstige stemme 
wat sulke maklike eggo's 
in die straat 
laat lê

Wednesday, 12 September 2018

draadwerk

uit die woesteny kom daar 'n sistemiese
raamwerk geskep
pype draadwerk kanale are
oor en weer
'n vervoer van noodsaaklikheid
'n onwrikbare oordrag van informasie
hierdie gedig is die hoeveelste afdruk in
die matriks
die ink-vloei 'n miniatuur replika
van sistematiese beheer en kolonisasie
verewig vasgevang in
die draadwerk 
van die tong

Monday, 10 September 2018

die ekheid is 'n fenominale vryheid

die rigiditeit van die rasionaliteit:
alewig dink en blokkig
in reghoekige begrip konstrueer
die begeerte brand kwaai
om onlogies, grensloos en koploos met
die digtatorika te toor

moet ek die anatomie van skedels en
atome ken om waardigheid aan
die skeppingsdaad te gee?

sekerlik kan my instinktiewe verbeelding
'n rol speel in die uitsnuffel van
poëtiese waarhede

'n goeie begrip het 'n halwe woord nodig

die ekheid is 'n fenominale vryheid
wat so mobiel allerhande jye kan ontmoet
almiskie! ek gaan hierdie ek
omdolwe en opklits
sodat ek soveel moontlike essensies uit
my ekheid kan distilleer
soveel potensiaal wat nie kan wag om
die ek verder en dieper in
die ek-splorasie in te stuur nie

Thursday, 6 September 2018

ergenis

as klippe aan hulle emosies 
kon uiting gee
dan sou hulle sekerlik 
ergenis wys oor
ons platvloersheid

Wednesday, 5 September 2018

soos wat die water die grond dreineer

soos wat die water die grond dreineer
sypel daar 'n hoopvolheid deur my rugstring
my kop is besig om die dag te verteer tot 'n gedig
my oë verdrink in die vriendelike lig wat
deur die vensters breek
hoe so een toneel my hele wese omkeer en uitkeer
totdat ek deel van die wolklandskap word
daar is nou niks ekstern of intern nie
alles is nou een en inmekaar
niks om weg te steek of af te loer nie
skamigheid het verdwyn
geheimenisse is nou 'n blootgestelde feesviering
die dans van die atome word sigbaar
ek skud my spiere deur die gordyne
die gedig stop hier want haar arms verander
in die vlerke van 'n skoenlapper op vlug
om al die verstotenes terug te roep na die kern

Monday, 3 September 2018

om op die tong van sylvia plath te sit

om op die tong van sylvia plath te sit
en met haar speeksel te meng
en die metafoor te voel drup
op my voorkop
op my borste
op my kuite ...
ah die wondersoetheid om binne in
die seëning van haar digterlike genialiteit
asem te haal

Tuesday, 28 August 2018

ruisende waters

daar is die sekerheid dat die soektog
die skerp invalshoek sal behou
sodat die belangstelling
en toewyding nie sal taan

solank bly ek glo in 
nuwe metaforiese ontdekkinge

die ink-riviere kronkel skraal
die dag sal kom wanneer hulle skouers
sal uitdein en die banke triomfantelik opstoot
om plek te maak vir die ruisende waters

Monday, 27 August 2018

an evening

raindrops coughing against 
the flower petals

serenity is the warm water-bottle 
between my feet

words falling under
the penumbra of
the hand

waiting 
for the heart
to quieten

silken cheek of my doll
lulls me to sleep

the clock hacks the evening air
into charmless chunks

Saturday, 25 August 2018