Monday 27 June 2011

hotel bedford

ek het in 'n vorige post (22 Junie) oor die GREAT oosthuysen-familie geskryf waar ek tydens my fiets-reis in die oos-kaap in februarie 2011 oorgebly het. in kort : 'n familie wat hulle deur en harte vir my oopgemaak het, sonder om my van 'n bar of soap te ken. chop-chop het die ys gesmelt, die soundsystems uitgerol, gepartykie laat die biesies bewe. die pa, andre, het vir my 'n CD opgeneem waarop ek 50 minute se klaviermusiek speel. my eerste vol-lengte opname! ek het laas week een van die tracks op my blog opgelaai. hou die spasie dop > nog meer gaan volg(-;

hulle seun, diaan, het die sondag oggend "Hotel California". saam met sy kitaar gesing  - wat 'n engel van 'n stem. ek het die woorde van die song http://www.azlyrics.com/lyrics/eagles/hotelcalifornia.html gevat en dit omskep in >>>

hotel bedford

vir die oosthuysens in bedford

op 'n helder ooskaap straat, warm wind in my hare
koel geur van skaduwee's wat oprys deur die blare
daar voor aan die groen kant van die straat
hoor ek hoe glimmerende klanke met my praat
my voete groei vlerke en my oë word helder
ek't gestop vir die nag of drie
daar staan julle in die deur
ek hoor hoe adam blaf
en ek dink by myself,
'hierdie is die knus sonhuis EN die koel oase van 'n sterregewelf'
julle vat my fiets en wys my die weg
daar was stemme deur die gang,
wat aan my ore kom hang...

welkom by Hotel Bedford
so 'n lieflike plek
wat jou gees en lyf opwek
soveel liefde en plesier in Hotel Bedford
enige tyd van die dag
kan jy dit daar vind sonder om te soek of te wag

haar stem is die van 'n aktrise, sy het 'n huis van spieëls en klippe
en 'n fan-club van kinders en engele wat hang aan haar rooi, rooi lippe
sy het baie mooi, mooi drome wat sy op haar vlerke neem
en hoe ons kon dans in die valentynsnagte
soele sweet en soene bly klou alomheen
sommige dans om te lewe, sommige lewe om te dans!

so roep ek die kaggaberg,
asseblief, bring my 'n glas koelte
hy antwoord, 'sorrie, ons is uit; ons het dit nog laas bedien in die 
voorjaar se soelte'
en nogsteeds klink die stemme van hier naderby
wek hulle geeste in die middel van die dag wat agter my kuite bly ingly
en ek hoor hulle sê...

welkom by Hotel Bedford
so 'n lieflike plek
wat jou gees en lyf opwek
soveel liefde en plesier in Hotel Bedford
enige tyd van die dag
kan jy dit daar vind sonder om te soek of te wag

hulle weet hoe om te lewe in Hotel Bedford
wat 'n wonderlike plek om die tyd te verwyl
daar waar jy in die oase se skadu's kan skuil;
die liedere van 'n suiwer seunstem kan hoor sing
en die sketse van 'n meisiehand oral om jou sien uitkring

kitare teen die muur
koffie op die vuur
en hy sê, 'kom speel die klawers van die yamaha,
ek sal jou opneem vir die nageslag, sê net ja'
en tussen die klankmeester se kabels
roep ek my galoperende vingers bymekaar
en ek speel diep in die rekenaar se geheue in
en voel en hoor hoe die klanke my hart oorwin

...

die laaste ding wat ek onthou, ek't my rooi perd opgesaal teen 'n wolklose
lug
en uit die hittegolwe van Poseidon gevlug
ek kon die roep van die pad nie langer ignoreer
om die lesse van die swerwers verder te leer
die portier sê,

ons is geprogrammeer om liefde te gee en te ontvang.
jy kan enige tyd jou gang gaan
maar jou hart sal bly om na Hotel Bedford te verlang.

24 februarie 2011

No comments:

Post a Comment