Wednesday 13 February 2013

{[( dis actually die yskas )]}

die oggend staan so vroeg op
klim in my verbeelding in
en verbaas my met allerhande oortuigings

die grys gedreun so vroeg in die dag
gryp my om die kiewe
en ek wonder vanwaar gaan my stilte kom?

ek sal maar illusie-illusie speel
en kyk of die invloed van my kop sterker is
as die invloed van die irritasie

dit trek styf in my bors
die sien en hoor van die baster-gedagtes
breek deur my skedel

is dit alweer die hadeda wat sy roep
met soveel ongekunstelde gewoonte handhaaf
ek is verbaas ek het nog nooit 'n hees voёl gehoor nie

in die hoek van my oog skuif mense om my rond
almal met hulle oordadige doen en late
god weet wat sal ge-oes word !

ek keer terug na die suis van my kop
en al wat ek kan doen is staar staar staar...
ek voel hoe die spoeg opdam in my linker kies

die gesuis was nie my kop, maar die yskas
as ek spiere van yster had sou ek die yskas
in my ystas pak en piekniek gaan hou in die arktika

dood is die dade wat
eens op 'n tyd oor die horison
aangedonder gekom het

ek sal my aksies en reaksies temper
agter klip gaan skuil as ek moet
- die enigste alternatief

vergewe my my leë kop
moet my asseblief nie bliksem nie
dit vat nie die verwurgende waansin weg nie

No comments:

Post a Comment