Monday 18 February 2013

naby nader en naaste

vir Kim

in die golwe van klanke
en nat lippe
en kerries
en
olywe
smeer ons heuning oor ons monde
en voel ons hoe die warm tee in ons
verliefde ingewandes
dieper
en dieper
afsak
die klanke van liefde resoneer deur ons dansende ledemate
en op jou voorkop ruik ek brons
en vuur en
sonlig
die mis verswelg die dag
en die tou strek ver om die vertes tussen ons nader te bring
want ons wil tog so naby nader en naaste aan mekaar wees

No comments:

Post a Comment