Tuesday 12 February 2013

ek wil weer voel hoe dit voel om inkantasies die wind in te sing

in die kwiksilwerende organika soek ek versadiging
probeer ek my klei-lyf 'n ware rugstring gee
ek verval in 'n tornado van donker sensasies
gegiet in die vrees vir die woord
diep krap ek in my onderbewuste 
opsoek na 'n onverskrokke feesviering van letter en klank
hoe ryk is die dieptes wat my keel net-net kan voel
en oombliklik weer in die niet verdwyn
ek kreun die nagte om
want waaragtig ek wil nie agterbly
ek wil weer voel hoe dit voel
om inkantasies die wind in te sing
ek wil weer voel hoe dit voel
om met my naakte vlees
die ongenaakbaarheid van die elemente
om my ledemate te voel kolk
ek wil weer die resonerende pols deur my are voel golf
ek weier om te ontrafel
ek het nog te veel vlerk wat wil vlieg –
uitbundig wil die heilspellende spel van die lewe
deur duister vrees en skaamte breek
en met hierdie stem, die enigste stem wat ek het,
wil ek my spoor vol en diep trap
uit hierdie lyf 
wat weet hoe 
oer voel in 
die alleen-grond
kom daar 
'n lus 
gegroei 
wat weier 
om 
tot 
die 
niks 
te 
verteer


i want to feel again how it feels
to sing incantations into the wind

in the mercurial organica i search for  satiation
i try to give my body true spine
i fall in a tornado of dark sensations
moulded in the fear for the word
deep i scratch in my unconscious searching
for the intrepid celebration of letter and sound
how rich are the depths that my throat can nearly feel
and then instantaneously disappear into the void
i groan the nights away
for i don't want to be left behind
i want to feel again how it feels
to sing incantations into the wind
to feel with my naked flesh
the inclemency of the elements
whirl around my limbs
i want to feel again the resonating pulse wave through my veins
i refuse to unravel
i have still too much wing that wants to fly –
the haunting play wants to break boisterously
through dark fear and shame
and with this voice, the only voice that i have,
i want to tread my tracks full and deep
from this body
who knows how primal feels like in
the lonely soil
the desire
comes growing
refusing
to
dissolve
into
the
nothing

No comments:

Post a Comment