Wednesday 14 June 2017

die geskenk

ek het 'n visioen gehad van
'n gedig oor die lug
die wonder-medium waardeur 
ons beweeg en asemhaal

in ruil vir die geskenk van lug
sal ek 'n gedig daarin plant

met tong, lip en tand 
stoot ek die metafoor uit my brein
en plant dit reg hier tussen 
die paar suurstofselle

wanneer mense hier gaan verby loop
sal  hulle onbewus die metafoor inasem
hulle longe sal nie weet 
wat hulle getref het nie!

No comments:

Post a Comment