Monday 26 June 2017

moenie wegvee!

ek verpes dit wanneer mense alewig 
hulle monde afvee wanneer hulle eet
waar jy kyk is servette en hande wat 
ongesiens die selfbewuste monde
probeer skoonvee en bedek 

jirre, kan monde, kenne en wange 
nie net vir daai etende oomblik
vol krummels, 
vetspatsels en taai druppels
vertoon watter fees dit is 
om te eet
om te verlustig aan kos wat 
tong en maag so vervul?

frummels en stukkies wat
om mondhoeke kleef is
niks om voor skaam te wees

moenie wegvee
moenie afvee!
behou al die joviale tekens van 
hierdie bevoorregtelike smullery

No comments:

Post a Comment