Sunday 4 June 2017

fonolisasie

jirre dit vat fokkin dissipline
om nie die foon tot in
my slaap vas te klem nie

kolonisasie is nou
iets van die verlede
make way for phonolisation!

god, red ons van hierdie uitsuiging en uitbuiting!
die kolonie van die foon neem oor
tentakel teen een rampspoedige spoed ons koppe

wat makeer ons dat ons so ‘n noodsaak het
om vasgegom aan hierdie siellose
platvlakkige vierkantigheid te wees?

vandag ag ons
ons onafhanklikheid
en vryheid so hoog

maar sonder wapen, woord of geweld
ruim die skynbaar skadelose skermpie van die foon
enige outonomie eensklaps uit die weg

No comments:

Post a Comment