Sunday 25 June 2017

verander

ek wil die styl van 
my digterlike uitdrukking 
verander
is dit moontlik? 
dit is moontlik        ja
herformuleer die wyse hoe 
jou gedagtes uit die tonnel syfer
probeer nuwe taktieke
en slinkse kat-maneuvers
verras jou pen
laat hom dink jy lei hom
na die punt wat 
hy verwag jy hom heen gaan lei
en dan
skielik
verander rigting
sodat die pen nie 'n idee het
hoe jy hom so vinnig uit
die groef gelig het nie 

No comments:

Post a Comment