Thursday, 30 January 2025

stil lewe

ek het weer so siek geword in my longe
slapelose nagte
verstarde en moeë dae
bolyf en borskas so seer

vandag so laagtepunt bereik
geen fisieke of kop krag

ek sien niks veel raak nie
ek is in so sieke dwaal
dit wat ek wel sien lyk faal

       maar 
daar was 
een     enkele 
objek
wat my aandag verwonderd vasgehou het:

' n leë 
consol
glas  pot

die manier hoe sy net daar so     geruisloos
in die oggendlig staan en      blink in 
haar glassigste     glassigheid

ek sit op die vloer en bly kyk en kyk na haar
'n eenvoudige glas pot

ek hoef nie eens aan haar te vat nie
sy is werkliker as werklik
meer betroubaar as my hart en my kop
sy die hoopvolste stil lewe in 
my bestaan vandag

die poëtiese misterie:
hoe verruk ek staan teenoor 
hierdie 
      harde 
             helder 
                    deursigtige
passieloosheid van glas
 

Thursday, 23 January 2025

vat my huistoe

ek raak naar van hierdie heletyd 
in my kop, in my eie geselskap te wees
ek begeer 'n liefwees sonder entanglement
'n liefde waar ek nie so vervreemd
en alleen voel nie
wanneer en vanwaar het ek geleer om so te voel
wanneer ek deeply invested in iemand word?
ek soek iemand wie my kan wegtoor
van my en sy koppe
iemand in wie se omhelsing
ek vry en heel myself kan invou
en net waar aan myself bly en nie verlore raak
so diep gehuld en veilig en geliefd voel
nie bedreig en jaloers en geintimideer nie
iemand wie myself laat vind en wees
iemand met wie ek saam 'n heenkome
vir my verwese hart kan opbou
iemand wie weet waarnatoe
om my te vat wanneer ek vra:
vat my huistoe

ek kan nie help dat ek tans so huisloos
dakloos en deurloos 
vensterloos en grondloos voel nie
ek soek iemand wie my nie afskeep verveel frustreer nie
iemand wie die klokke in my hart sal laat lui
iemand wie my hoekigheid, my onblusbare hande, my alleenlyf 
sal koester, bewonder en versag
ek soek iemand waar ek myself sorgloos en vreesloos kan invou
die hunkering na hartsgemak bly my sielsore tuit
ek is so goed geolie daarin om met myself huis te hou
maar ek wil weer leer en versag om spasie te deel
nie noodwendig elke dag, heel week, maand in en maand uit
watter praktiese hartsomhulde oplossing is daar?

Wednesday, 22 January 2025

net so is dit verby

net so is dit verby
net so breek die hart
net so word die lyf verkoue
net so knak die gemoed

maar net so staan sy op
gefokkinolie in hierdie meedoënlose rivier
genaamd lewe
onteensegbare waarheid dat lewe op haar manier balans soek

die week pluk sy honderde hase uit allerlei hoedens
weet nie waar kry sy die reserwes
haar vingers het so baie klaviermusiek om gereed te hê voor 15 februarie
die emosies en stresvlakke het deur die dakke geskiet

teen die brainfog
teen die weenklaag
teen die siekte
teen die alewige gehoes
teen die snydende kopseer
teen die baie stemme
staan sy op
sy dog sy was superwoman toe sy in haar blomseisoen was
maar fokkit sy is meer as superwoman nou wat sy
deur modder moet waad
viva lara viva die hart sal nie versaak!

Wednesday, 15 January 2025

ag nee, geitjies sterf ook

ek maak my venster oop
en op die vensterbank val
'n piepklein geitjie
                        gekwes

hy het seker in 'n gleufie skuiling gevind
en toe ek hierdie oomblik kies
om die venster oop te maak
                        knyp 
die raam deur
sy dun lyfie
etlike lewenstrillings flits deur sy selle
en skielik net so stil
net so             
                       dood

sy lyfie so weerloos en klein
my skrik so bitter en groot
alle klammigheid in my mond verdwyn
my oë dartel wild oor die kortstondige lewensboog
waarin hierdie brose wesentjie in 
hierdie klein hoekie 
van die aardbol gestraal het

'n halfuur later kom ek terug 
om seker te maak die geitjie is nog daar
en dalk wonderbaarlik weer opgestaan het

                       maar nee
'n hele spul reuse miere
oortrek sy lyfie en
                       verlustig 
hulself aan alles wat
hom eens laat beweeg het

die skok trek my platter
hoe gou so polsende kleinood
                     oplos tot in 
die onpolsende 
                       niet

Tuesday, 14 January 2025

voor die begin was die soen

jy soen my omdat
ek jou soen
omdat jy my soen
omdat ek jou
soen omdat jy
my soen
omdat
ek jou soen
totdat ons nie weet
wie het die soen begin soen
en aan die begin
was die soen die begin van die begin van die soen
is die begin van die einde
want hoe lank kan die ek
die jy
begin soen
voordat die jy
begin om terug te soen
en dan voor ons ons oë uitvee
is ons op die punte van ons lippe
en die soene val om ons neer
en verdrink in die beginne van al ons soene
want daar is 'n vloed van beginne wat wag 
vir die begin van die soen en 
dis altyd begin van voor af
dis altyd soen van voor die begin
en die begin is so geduldig vir die begin van
die soen maar hoe meer beginne 
hoe meer word die honger
en ons is van vooraf weer honger
want hoekom raak ons honger soos
aan die begin wanneer die begin so honger wag
om weer te begin soen

Friday, 10 January 2025

thoughts

There will always be some estrangement, alienation, lostness, confusion, distance, fragmentation, misunderstanding in bonding togetherness

Yes it is inevitable that we shall see, desire and imaginate kinship. We shall search out the shared interests, energies, resonances and harmonies.

We shall try very hard to negate the disharmonies, the dislikes, the misalignments

Are we ultimately islands broken away from the continent

Where was our original shared continent?

Were we ever one before?

One common human?

Not all these differentiated articulated independent unique eccentric crazy hungry needy individualists

Our egos wanting to hear their own voice and rise up in their own power

We have asked for our alienation

We are the cause of the fragmentation and the severing from each other

We shall always remain foreign

and strangers in this motley humanity

Ah and the mind, the hormones, the seasons, the moods keep playing tricks

with our perceptions and emotions

In our closeness we have become so alone

In our separateness we have become so united


Wednesday, 8 January 2025

i love it how a poem can be

i love it how a poem can be 
a story
a dialogue
an observation
a comedy
a description
a song
a manifesto
a changer of mind
a feather-ruffler
a memory
a travelogue
a love declaration
the enlightening of the mundane
a glimpse into a stranger's brain
awkwardly self-deprecating
an inspiration
a ditty
an embarrassment
a venting
a cry for help
a moment to breathe

Monday, 6 January 2025

the belief and the mistrust

with an inbreath
poetry creates the belief in the infinite expression
and with the outbreath
the poetry staggers with the exasperated mistrust 
in its limitations

Saturday, 4 January 2025

choose

what would you choose?

feeling alive and elated

inside a fiction

or 

feeling numb and pathetic 

inside a stark reality?


Jagter, jagter

Jagter, jagter
vang my as jy kan
sny my keel af
tap my bloed uit in jou emmer
kerf my in eetbare snitte op
gooi my pels oor die drumpel van jou deur
hang my skedel teen jou muur
moenie probeer my grimas wegdruk of vervorm nie
ek sal vir jou bly oopbekglimlag
totdat jy eendag self langs my
teen die muur hang

* * *

Jagter, jagter
kwes my met jou koeëls
ek wil weer en weer 
daai wrang smaak van verwondering teen my verhemelte proe
gee my geen ander gevoel
as bloed wat uit my eie liggaam loop
daai ontstollende oomblik
verruklik lewendig
voordat die wegkwyning insypel
en die bloed vervang word
met die starre dood

* * *

Jagter, jagter
kom vang my in jou net
ek sal skop en ruk en
byt en spoeg
maar die struweling sal nie plat gaan lê
jy sal my dra na jou grot
die opstandigheid in my tong
sal nog af en toe bly flikker
stukkies van my sal met tyd
in die droë are van die aarde wegsyfer

my gees sal in die klippe gaan klouter


* * *

Jagter, jagter
kom tel my op
druk my in jou hand
vryf my oor jou slape
jy sal dink dis klip
wat snydende gewig teen jou lê
maar dis my tonglem
wat nog wild flikker
en nie sal lê
totdat sy in die wonderholte
van haar mond haar tuiskoms weer vind

* * *

Jagter, jagter
jy hoef nie jou geweer op my te rig nie
kwes my eerder met die koeëls van jou oë
mmm, my wonde bloei verruklik
ek gooi my arms hoog soos fonteine

Thursday, 2 January 2025

net ek en die meer

so vroeg in die jaar
en ek is huiwerig
om te veel goed te reël en beplan
want 2024 het gewys
hoe vinnig spring al ons aksies na die verlede

ek sit nou liewers op my stoep
kyk na die boom
luister na die see

hierdie alewige hede wat so vinnig verlede word
put my nostalgie vreeslik uit
ek is gatvol vir hierdie meedoënlose marsjeer van tyd

in plaas van toelaat dat tyd hierdie pylende baan bly
sal ek haar toor na hierdie groot meer
waarop ek in 'n bootjie stadig lê en dryf

    sonder onthou
    sonder vergetelheid
    sonder more
    sonder gister

net     ek      en      die        meer

Wednesday, 1 January 2025

the Jogger and the Drunkard

as i drive out to the beach
this first day of January
i see a drunkard  - dazed - falling in and out of gravity
and a moment later as i pull into the main road
a jogger -  so upright, so rhythmic, so energised
running into the new year
oh Jogger and Drunkard
you sum up the two moods in
the world today
who of the two would i choose to be?

neither

i do not desire the forgetful stupor of the drunkard
i do not desire the dogged willpower of the jogger

suspend me between the two realities

Saturday, 28 December 2024

soen 2

jy soen my asof my tong
'n stuk kurk is wat jy 
met soveel deernis en fermte
uit die nek van 'n wynbottel trek

kantel jy my nek en lyf teen die perfekte hoek
sodat niks van die soete wyn van jou hartstog verspil nie

soen 1

jou tong is 'n olie-boor
wat spinnend en tollend
al om die skag van my tong en keel
dieper afgly
en nuutontdekte olies
uit my reservoirs pomp

Friday, 27 December 2024

dis die vraag vanaand

wat begeer ek meer?

sy soene
of sensasionele digkuns

o fok, ek kan nie kies nie
(in my wêreld, kan die een klaarblyklik nie sonder die ander)

...maar dis jy wat hier skryf

jy skryf die gedig deur my
wat het ek te make met hierdie gedig?
ek mag dalk die potlood vashou
maar die marionet-meester bewimpel
sy stokkies en drade so fyn-meesterlik
dat dit lyk asof die digwaters 
uit my eie hand drup

30 Sept 2024

bed bedder bedste

vandat ek jou in my bed verwelkom het
voel my bed so bed bedder bedste
groter, wyer, dieper
sagter, snoesiger, weelderiger

ek weet hoekom ek vandag nie een keer 
my deur oopgesluit en my voete buite gesit het nie  -
ek is te verknog aan hierdie bed
die plek waar jy my weer lyflus
hartstog en liefde leer voel het

elke dag

elke dag maak jy my hart voel
soos ‘n geskenk
soos jy kleurlinte om haar losknoop
en haar oopvou soos
‘n sag-geweefde en
fyn-geweegde persent

of anderste gestel:

elke dag knoop jy die kleurlinte
om my hart los
en laat haar voel soos
‘n persent in my eie bors
wat ek gretig en nuuskierig oopbind
en daarbinne nuwe ontdekkinge
wondere en vreugdes vind

15 des 2024

die jaar se orgasme bly ons ontwyk

    - vir die onversadigde mensdom (of dalk net vir myself)

daai pille vir kersfees wat die heuwels fantasties
al dringend en singend soek -
ons soek hulle ook!
pille wat ons velloos, hartloos,
maagloos en tydloos binne 'n luglose vakuum sal inwerp
hierdie dringende gefeesmakery
een wel-gekonstrueerde wensdenkery
en superafkakkende happyhighnaaiery
wat ons almal laat spaander die einder in

al die dae van hierdie pylende jaar twintigvierentwintig
het tot hierdie punt opgebou
so vurig het ons oorlewingslus gebrand
blind die kalenders volgegrif

maar die jaar se orgasme kom net nie ...

hoe de donder kan ons die nuwe jaar ingly
terwyl die voleinding van hierdie stotterende jaar 
buite ons bereik bly?

ten spyte van onsekerheid en verwyt
bly ons opstaan en vreet en dans
siekte en ekstase hou die gebede en hallelujahs
vol vonke ingespuit
aftakeling kry ons nie onder
ongeluk en rampspoed bly skerp rooi vlaggies in ons gesigte waai
maar eerder as skrik en lê
sal ons lag en huil
en te midde van die sterftes alom ons
bly ons ongeskik en brutaal aan die lewe
fokkit hoe vermetel en yslik wonderlik die
klop van
die hart

ons bly grense skuif
harte oopbreek
koppe losbars
vermallend bly die strewe en voorstuwing

maar die jaar se orgasme bly ons ontwyk ...

hoe de donder kan ons die nuwe jaar ingly
terwyl die voleinding van hierdie stotterende jaar 
buite ons bereik bly?

gee ons pille hierdie krismis
dat ons soet en salig buite tyd en kop
oor hierdie jaar se laaste hygende hoesaanval
gevoelloos en elegant kan galop

Thursday, 26 December 2024

Wednesday, 25 December 2024

openhartige chirurgie

met openhartige chirurgiese vaardigheid
spalk jy my hart oop
en giet kwiksilwerend
die glorieryke frekwensies uit jou borskas
ek is gelykertyd
ontmasker
        en vasgegrendel

wat is die sin en rede?
die ongenaakbare soeke bly tintinnabuleer in my ore

die primordiale smeltkroes begin sluk
my bene probeer hard om vas te klou aan
die verruklike kontrapunt
die vlamme breek soos tokkatas en arabesques
deur my kuite en tone
lewe lewe LEWE ek voel jou !

aaaah mag ons murg bly kreun en resoneer
in hierdie strewe na behoort en heling en liefde

bly lui en uitsing o heilspellende inkantasies!

my lyf en hart kan so lomp en onvas wees
met hierdie gedig reik ek my hand onverskrokke regdeur jou ribbekas
om tot binne jou hartstollende klop van jou siels-heelal deur te dring

ek gryp na woordeboeke, richterskale
soos ek na sprokkelhout gryp en styf teen my bors druk
my hart dawer siklonies oor die aanloopbane van my sintuie
jy giet elke klop van my hart in wonderbeelde
geen boek, skaal, foto, sonar of skildery sal die klinkklare kontoere
ooit kan vasvang

my tande gryp na vleis en vrug en blom
maar hulle wil eerder hierdie uitdyende getye wat my hart in
glinsterende nuwe selle uitstoot vasbyt en maag toe sluk

al wat ek jou vra is - vou jou hande oop
laat ek hierdie sagte orgasme wat deur my slape breek
sag in jou palms neerlê

Tuesday, 24 December 2024

hoe kry ek dit reg?

my magtig, hoe kry ek dit reg om myself
so diep te dompel in hierdie liefdeservaring?
ek is beide helderdenkend en beneweld
ten volle bewus en ten volle dromend
so rasioneel en so bedwelmd
so versadig en so honger

ek is gelyktydig subjektief en objektief
ek kan voel en ek kan meet
liefdeswetenskaplike én liefdesdrenkeling
'n kalkulator én 'n beswymeling

so helder so dronk
so 'n komma so 'n punt
so verlore en so gevind

Monday, 23 December 2024

ek hoop ek is

'n heenkome vir jou hunkering
'n oor vir jou mond
'n versadging vir jou honger
'n tekstuur vir jou vingers
'n wilde aroma vir jou neus
'n vlinder vir jou maag
'n klankbaan vir jou stem
'n mond vir jou soen
'n troos vir jou pyn
'n lag vir jou grappe
'n water vir jou dors
'n diepte vir jou soeke
'n spieël vir jou kyk
'n afstand vir jou verlange
'n nabyheid vir jou smagting
en
'n omhelsing vir jou hele jy-wees

Sunday, 22 December 2024

it is not poetry

it is not poetry that climbs 
the trees the rocks
it is these fierce hands that grip the elements
in survival lust

it is not poetry that opens the curtains to
the bright new day
it is these joyous hands that
invite the new light in

it is not poetry that cuts the vegetables
and stirs it into soup
it is these nurturing hands that
instinctively feed my hungry body

it is not poetry that opens the piano lid
and practices hours to perfect Rachmaninoff
it is these committed hands that
keep rising and falling in harmony

it is not poetry that caresses
love into your skin
it is these passionate hands that
know how and where to soothe

it is not poetry that lifts the blanket
to cover my night's sleep
it is these loving hands
that guide me to the land of dreams

it is not poetry that deserves the adoration
it is my hands that need that
little bit of love that tells them
it is all right, you have a fine grip on things

it is not poetry that holds this pencil in fiery clasping
it is this single fervent hand
that loyally follows the impulse
of my heart

dankie

ek wil vir die oomblik dankie sê aan my wil
sy wat my pendulum soos wind oor die vlaktes
my wil wat wilsmoedig
die spiere van my metafore
styfspan in die vaartbelynde naelloop na
die rymende hart van my vers-sotlikheid

Saturday, 21 December 2024

die spieëls agtervolg my

vandat ek verlief is

agtervolg die spieëls my

hulle omsingel my

klem my keel toe

hou my gyselaar


soos berg

ek wil onselfbewus 

soos berg wees


kolkende kelke

die lyf blom 

in kolkende kelke

waaruit die kuite

regdeur

die son staar


Thursday, 19 December 2024

soos 'n steenbokkie

in die afwagting op jou vele komste na my woonstel
trippel ek soos 'n steenbokkie oor die velde van my opwinding
ek bly spring na die venster en loer verwild na die straat
ek is ongeduldig, bevlinder, mallerig, bewerig
skud my hare alewig reg 
knik my kop en warm my glimlag en 
smeulende kyk op in die spieël
hoeveel keer voel ek gelyktydig mooi en lelik
sal ek ooit bedaar?
ek wil net so perfek en aantreklik wees vir jou