Friday 25 July 2014

ontembaarheid

inderhaas kom die wolk op my neergedaal
die dag mag nie eindig voordat ek
iets van relatiewe betekenis neerpen nie

my hart klop tot in die glas water

komaan, moet nie so gou opgee
vang die essensie van vandag vas 
daar moet iets wees wat die dag gemaak het dat
hy tot hier toe in die son gedraai het

vat jou net en
vang
daai skoenlapperige iets





ek is oortuig dit wil nie gevang wees nie

dis die wilde geaardheid van die digkuns –
dit wil vry wees van enige inhokking

die essensie van vandag:

die ontembaarheid van die woord.

tamelessness

the cloud descends on me in great haste
the day may not end before I have
penned down something of some relative significance

my heart beats right into the glass of water

come on, do not give up so soon
capture the essence of today
there must be something that has made the day
to have turned to this point in the sun

take your net and
catch
that butterflyish something





i am convinced it does not want to be caught

that is the wild nature of poetry –
it wants to be free of any confinement

the essence of today:

the tamelessness of the word.

No comments:

Post a Comment