Sunday 6 July 2014

woorde wat spring

woorde wat spring
wat dans soos die spiere van my lyf
letters wat om my kring
sin wat ek met my bene kan skryf

woorde my musiek my klank
waarmee ek kan dans
op die papier is die woorde mank
maar met my lyf kan hul gek wees en uitwans

ek trek my woorde aan
die woorde trek my aan

binnekort
begin ek my woorde uittrek
en die woorde trek my uit
nou begin die verleidingspel
en alle sinsualiteit word blootgestel

woorde wat rink-kink
en spartel en rol en
gryp en ruk
dit laat my nie los om
asem te skep -

ahahahhhh
moet die woorde bly skep

skep ons!
skep ons!
moet nie dat een van ons van die papier afrol
toe skep nou man skep
geen ophou geen stop
geen huiwer geen flop
geen dink geen kop

die woorde trek aan my hare
kom nou
hieriekant toe
daaikant toe
suig ons van die papier
spoeg ons uit jou mond
laat val ons waar
die dorstige mense ons kan oplek!

No comments:

Post a Comment