Wednesday 9 September 2015

bloei

my vrouensingewandes skeur en bloei
klokslag elke maand
met dit kom die emosies
die knaende pyn
my hele lyf tril teen ‘n frekwensie wat
my so hoog en moeg tegelykertyd maak
elke maand dieselfde storie wat haarself herhaal
daar is selde verandering in die lyding
 - die ongemak, die malkoppigheid -
dit het ek nou na twintig jaar aanvaar
as biologiese imperatief
ek sluk warm water met
suurlemoen en heuning om
die styf gespande senuwees en spiere te kalmeer
ek sit met my lyf in die son
my hart huil-smeek dat die onbeheersde bons
van my hart stil sal word
en die bloei gou tot ‘n einde kom
sodat ek lewendig en nuut weer kan opstaan

No comments:

Post a Comment