Thursday 3 September 2015

in die geselskap van die wysgieriges

in die geselskap van die wysgieriges
die rigtingaanwysers
die sielverrykers
die spekuleerders
kyk ek in elk van julle se oë
probeer pyl wat julle sien
wat julle dryf in hierdie rigting
sien ek baie passies

kyk julle in mý oë
en soek ook iets
in my

al wat ek kan gee
is liefde
fokkin baie liefde
ek wil net lief wees vir julle
nie omdat want hoekom nie
net
lief
wees
vir
julle

No comments:

Post a Comment