Wednesday 23 September 2015

ek is maar net 'n surrealistiese rekwisiet

my kop verloor haar sinaptiese konneksies
is dit die wit wyn wat ek met my aandete gedrink het?
is dit my menstruasie?
is dit maar net mens-moegte wat my oorval?
die dun velletjies onder my oë is swaar
ek kyk hoe die ink uit die pen vloei om
woord en sin te maak
ek voel afgesny van my hand
dit is soos 'n film wat voor my afspeel
ek skryf maar dit is nie ek wat skryf nie
dit is 'n wonderlike ervaring om te hê
die woorde vloei moeiteloos uit die pen
my tong roer simpaties binne die holte van my kakebeen
voel-voel aan die spraak van die woorde
tog maak ek geen klank
ek is maar net 'n surrealistiese rekwisiet
in hierdie lukraak rankskikking van woorde
wat met hulle eie marionet-maniere
my verkakte serebraliteit uitdruk

No comments:

Post a Comment