Wednesday 2 September 2015

en in die nag het ons ledemate mekaar gevind

en in die nag het ons ledemate mekaar gevind
by mekaar se voete het ons begin
en deur komberse klere en hare
het ons geprogesseer na
ons sagter en natter dele
die aanraking was soet
die ontdekkingsreis oor vel-landskappe het
my diep laat sug van
my hart wat so lekkerkry

deur die hunkering na leerkenning
deur die borrels van fassinasie en
bewondering van jou liewendheid
is dit dit:
die begeerte om onder die vel van
jou te kom
ek kan nie aan die abstraksie van jou vat nie
ek kan wel aan die waarheid van jou vel vat

No comments:

Post a Comment