Friday 11 September 2015

skermpie-lewe

almal voor hulle skermpies
flikker al die apps,
nuus, fotos, updates en
verwoede lyne in die eter
wat ten alle koste
gekonnekteer MOET bly

wat de hel soek ek op die kruin van die berg
in die vryste oopste lug
as ek die hele wêreld in
my handpalm kan hou?!

NEEEEEEEEEEEEE!
dit is net skermpies, duime
tone senuweeagtig tikkend op die vloer
strak en siellose frons in die oë
wat kan meer verdoemend wees
as hierdie skermpie-lewe?!

No comments:

Post a Comment